Sirkeldag 2013 te Wellington

 

Sirkeldag 2013 te Wellington

Posted by Natania Schmidt in News, SIRKEL NUUS 20 Sep 2013

 

Sirkel: Paarl

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 19 September 2013

 

As jy gedink het Paarl Sirkeldag gaan vol bloeisels en blomme wees met sonskyn, het jy dit mis gehad. Ons hou dit hierde jaar in September omdat die begin van die jaar te druk besig was, maar ons pak die Wellington-Noord se NG Kerksaal vol met jasse en sambrele. Gou is al die storms vergete toe CPUT se finalejaar studente met ‘n toneelstuk oor VERNUWING die planke en elke lagspier laat saamtrek.

 

Karin Cronjé van Hands on Creative, is ons spreker vir die oggend oor “leef groen om jou huis”. Hierdie vrou boor, sit krane aan, draai wassers vas en ek glo dat menigte van die gehoor met dapper moed by die huis aangekom het. Sy wys ons hoe om ‘n watertenkie by jou geut te installeer d.m.v. ‘n kombuisvullisdrom te omskep in ‘n opvanghouer met kraan aan.

 

Nog wenke:

Loop met ‘n brandende kers in jou huis as alles toe is, daar waar hy doodwaai is nog ‘n plekkie om te insuleer teen koue en warmte.

Gebruik ‘n water Hippo in jou toilettenkie en spaar waterverbruik.

Sit komberse om jou geyser.

Maak gebruik van sonverwarming op jou dak.

Gebruik bamboes i.p.v. hout om ‘n dek te bou.

Vervang jou wassers by lekkende krane – een kraan kan tot 3L water per dag vermors.

 

Maak jou huis groen, herwin en bespaar is waarmee Hester Smit van Suider-Paarl , Karin bedank. Ons is VERNUWE om huis toe te gaan met die wete dat ons is nie afhanklik van ons Baas, ons Liefie of ons Man is nie. 2014 hier kom VLV-Paarl Sirkel se vroue met nuwe waagmoed en vernuwing.

 

Die Wellington-tak wat as gasvrou optree plant ook saam met NG Kerk Wellington-Noord ‘n Magnoliaboom ter viering van boomplantmaand in die kerk se tuin.

 

Dit was nou voorwaar ‘n oggend van inspirasie en met marktafels gelaai met vars produkte, gebak en self velsorgprodukte en parfuum, vertrek ons in die reën.

 

1

CPUT se dramastudente kom verryk ons met hul toneelstuk oor VERNUWING. Ons skater dit uit van lekker kry en is reg en vernuwe vir 2014.

 

2

Karen Barnard, Karin Cronje en Francina Marais

 

3

Karin maak die watertenkie

 

Die NG Kerk by wie die verrigtinge plaasvind en die VLV-Wellington tak plant saam  ‘n boom om boomplantmaand te vier.

4

Renetha Jurgens, Karin Cronje, Ds. Francois Human, Francina Marais en Marita Coetzee plant ‘n boom

 

Die oggend word afgesluit met heerlike vars aarbeie en gebak so in pas met September. Gaste kan hul vergryp aan lekkernye en vars produkte by die marktafels en natuurlik was daar nog ‘n uitstalling van jaar toet se trourokke ook om te waardeer en aanskou.

 

5

Trourokuitstalling

 

6

Marktafel met vars produkte

 

7

Lede van Malmesbury-tak, LNR Helena Visser,Jeanette Orchard, Mia Louw, Regina Neethling, Amanda Walters

Post a comment