Sirkel Weskus: Inligtingsdag

 

Sirkel Weskus: Inligtingsdag

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 31 May 2018

Sirkel: Weskus

Vlv-Inligtingsdag

Beriggewer : Nicoline Brown

Datum: 30 Mei 2018

 

 

Met groot afwagting het 80 VLV-dames van verskillende takke by NG Kerk Hopefield opgedaag vir ‘n heerlike werkswinkel-oggend!

 

Die verrigtinge het afgeskop met ‘n demonstrasie hoe om ‘n mikrogolf melktert te maak deur me Riëtte Strydom. Sy deel wenke uit vir mikrogolfgebak /konvensioneel gebakte produkte.

 

Daarna demonstreer sy hoe om met Jovi lugdroogklei ‘n oulike klein bakkie te maak.

 

Die eienares van Elna Naaimasjiene (Langebaan), verskaf basiese wenke aan dames i.v.m. hul naaimasjiene/omkapmasjiene , indien hul dalk sukkel met spanning of ander foute wat hul kan ondervind.

 

Nog ‘n spreker, Maggie Hyde – eienares van SA Mini Land vertel van haar stokperdjie om miniatures te maak.  Sy het ook ‘n uitstalling van haar skeppings gehad en nooi lede uit om in haar winkel te kom kyk na die verskillende kuns/naaldwerkprodukte wat sy verkoop.  Sy bied ook craft-klasse aan.

 

Leefstyl Saamroeper, me Joline Russouw wys interessante kombuis gadgets asook die gebruike van verskillende apparaat.

 

Na heerlike tee en verversings verdeel die dames in twee groepe, ‘n Kunste & Handvlytgroep en ‘n Leefstylgroep.

 

Me Elizabeth Cloete verskaf wenke i.v.m. borduurwerk;  masjienwerk;  breiwerk;  hekelwerk;  weefwerk asook die wisselafdeling: ‘n Aandsakkie met kralewerk.  Al die verskillende items vorm deel van die kompetisie-artikels vir 2019.

 

Me Marlene Dirkse v Schalkwyk  verskaf wenke i.v.m. Kunste & handvlytartikels – maak van ‘n skinkbordlap in batik;  fotografie;  woordkuns;  asook oor beeldende kuns.  Klem word ook gelê op die korrekte versending van pakkies met die kuns-artikels.

 

Me Estelle du Plessis, Sirkelpresident sluit die oggend af met ‘n tafelgebed, waarna die dames heerlike tuisgemaakte sop en broodjies nuttig.

 

VLV-dames het ook deelgeneem aan ‘n insameling van toiletbenodigdhede vir die skoolmeisies van Weskusskool.  ‘n Groot hoeveelheid pakkies sal eersdaags aan hulle oorhandig word!

 

Al die lede was dit eens dat dit ‘n leersame oggend was, asook ‘n lekker kuieroggend met VLV-vriendinne!!

 

Me Elizabeth Cloete – Leefstylwenke

 

Marktafel items te koop

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Miniatures uitstalling

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Me Estelle du Plessis – Sirkelpresident, Sirkel Weskus

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Me Riëtte Strydom – demonstreer lugklei

 

 

 

 

 

 

 

 

Me Marie Grobbelaar – Vise-Voorsitter (Sirkel Weskus)

 

 

Me Elizabeth Cloete gee raad en wenke ivm Leefstyl Konferensie-artikels (naaldwerk)

Post a comment

nine + nineteen =