Sirkel Tygerberg stap vir die WBPV

 

Sirkel Tygerberg stap vir die WBPV

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 28 Apr 2015

Sirkel:  Tygerberg

Beriggewer:  Antoinette le Roux

Datum:  28 April  2015

 

 

Op 28 April, ‘n perfekte herfsdag in die Kaap, het meer as 70 lede van Sirkel Tygerberg ‘n uitstappie na Kirstenbosch Botaniese Tuin onderneem. Wat ‘n uitbundige voorreg was dit nie om die pragtige tuin met blomme, voëls, kunswerke en  immer-pragtige Tafelberg teen die blou lug, rondom jou te hê.

 

 

Sommige takke het hul eie eetgoed saamgeneem en kon piekniek hou onder die bome, terwyl ander verkies het om versterking by die restaurant te gaan soek.   (A.g.v. beurtkrag kon jy net kies tussen skons of muffins + drinkgoed)

 

No 1 Elise  , Henna Verster, Joy van Rooyen,Charlotte de Vaal, Erna Briegel, Hette Coetzee_1_1

 

Almal wou natuurlik graag by die Boomslang uitkom – maar dit verg ‘n graad van fiksheid, want dit is ’n steil stap soontoe.   Nogtans het die meeste wel daar uitgekom en is na hartelus foto’s geneem – van mekaar en van die pragtige uitsig – terwyl die slang se lyf sidder onder jou voete!

 

No 2  Boomslang                                                             No 3  Karin Marais, Wenda Preuss, Magdaleen Joubert_4_1

 

 

Gelukkig word ook voorsiening gemaak vir die nie-so-fikses.   Die “shuttle” vertrek elke uur en toer deur die hele park met ‘n goed ingeligte gids aan die stuur:

37 soorte broodbome (eens gevreet deur die dinosourusse wat nou opgerig word)

250 soorte proteas

640 soorte heide

450 boomspesies

 

No 4  Dinosourus-beelde word opgerig

 

 

Tussendeur hierdie verstommende statistieke oor die plante wat hier gevind kan word, het die lede ook die oorspronklike ossewa pad na Houtbaai gevolg.

 

 

No 5  Ter ere van Nelson Mandela

 

 

Die Kaap is trots op sy manjifieke tuin.  Kirstenbosch is waarlik die Skepper se geskenk aan Kaapstad – om dit te bewaar, en vir oud en jonk om te geniet.

 

 

No 6  Lettie van Wyk, Martie Jordaan, Yvonne Labuschagne_5_1

Post a comment

3 × four =