Sirkel Tygerberg is 50

 

Sirkel Tygerberg is 50

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 17 Mar 2017

 

Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Antoinette le Roux

16 Maart 2016

 

Sirkel Tygerberg Is 50 Jaar Oud

 

Op 16 Maart het Sirkel Tygerberg sy halfeeufeesvieringe begin.

Marietjie Albrecht het ‘n gedig geskryf wat ‘n goeie opsomming is van die dag se gebeure:

 

Sirkel Tygerberg Konferensie 2017

 

Ds Kobus Swart bestudeer ons VLV webblad

En vra: Hoe pas ons as VLV vroue aan in vandag se lewe?

Van ‘n swart potjie doer op die plaas tot vandag se swier in die stad.

Net Jesus kan ons kop en denke só verander; dit bly altyd ons hoogste strewe

 

Volgens Karien van Schalkwyk, VLVK se president

Is ons almal in ‘n informele skool: die LEWE

Met ons probeerslae en eksperimentering is ons voltyds aan die verbeter.

Verander! Of jy moet dalk later ‘n groter prys betaal

Naamlik, Verspeelde geleenthede; dan hét jy gefaal!

Vermy negatiwiteit en pas aan volgens Jossie Ackerman

Die vrug op vandag se arbeid is dan reeds vir jou nageslag gedaan.

 

Simon Mantell is die eienaar van Mantelli’s

En na vandag voel ons soos jarelange pellies!

“Change your position and have a totally different view”

Today’s households are to most of us new:

Working moms, private schools, materialism and divorce!

So, ladies, turn around and see new opportunities

Offer your skills at schools- you’ve got the keys

To get involved—before the situation gets worse.

 

All businesses, VLV included, have obstacles in growth.

Create demand, awareness and emphasize the selling component

Use your talents, experience and wisdom

To reach young moms through their daughters.

That’s your “route to market”, dear ladies!

Lack of commitment is generally the biggest hurdle.

Believe in yourself, winners attract the masses,

develop momentum that leads to an avalanche.

Use your steel and energy from within

It’s never too late to begin!!

 

Die Marimba orkes van Parow noord

Kom toe volgende aan die woord.

11 Begeesterde leerlinge vermaak ons met stok en hout.

Die passie, talent en commitment dryf ons tot trane—ja, jonk en oud!

 

Baie dankie aan ons 2 gasvroutakke so fluks

Vir ‘n verjaardagontbyt wat skrik vir niks!

Baie geskenkies én verjaardagkoek

En niemand was gedruk êrens in ‘n hoek.

‘n 5-ster middagete én nog ‘n tee—

Lyk my ons is ‘n eetklub met ‘n VLV probleem!!

 

NS: Wow, was ek nou verras met ons hogere gaste.

Nie gedink ek sou hul gou weer sien,

Want Panorama tak ontbind vandag amptelik

En my hart voel uit my bors geruk!!

My konferensie- en kongres gewade sal nou bly hang in my kaste

En nie weer sal ek jul vermaak met ‘n VLV “poempie”.

Dit was wonderjare van baie kennis en lekker gesels

Maar helaas, soos die Prediker sê–daar ‘n tyd vir alles.

 

Baie dankie aan al die takke wat ons so met entoesiasme omhels

Om ons te laat welkom voel; selfs ons malles!

Marietjie Albrecht

 

Sharon Terblanche – meeste punte_

 

René Nel, Simon Mantell, Danela Smit – spreker met die gasvroutakke se voorsitters

 

Magdaleen Joubert – beste artikel in Naaldwerk.

 

Helena Borcherds Mees uitstaande artikel – Kunste.

 

 

 

Marimba orkes

  • Rene Nel March 27, 2017 at 9:34 pm / Reply

    Baie dankie Antoinette. Pragtige fotos en voorwaar ‘n “Poempie” wat stof tot nadenke is.

Post a comment

18 − 18 =