Sirkel Tygerberg Internasionaal

 

Sirkel Tygerberg Internasionaal

Posted by VLV in News 08 May 2015

Sirkel:  Tygerberg

Beriggewer:  Antoinette le Roux

Datum:  8 Mei 2015

 

 

Op Vrydag, 8 Mei het Sirkel Tygerberg “Internasionaal” geword toe ‘n Pik-en-Proe-aand    gehou is.

Die 13 takke het elkeen ‘n ander land verteenwoordig en heerlike geregte, eie aan die verskillende lande, is voorberei.   ‘n Hele verskeidenheid –  vanaf sop, tipiese geregte en selfs drie soorte nagereg –  was op die spyskaart in klein porsies – en elkeen kon van alles pik en proe.

 

Elke tak het sy stalletjie versier en die lede kon tradisionele drag van daardie land aantrek.    Met “internasionale” musiek en goeie vriende wat saam-proe het ‘n baie vrolike  aand sommer vinnig verbygegaan.

 

 

No 1 - Durbanville_1_1 (Custom)

Durbanville het Spanje verteenwoordig

 

No 2 - Kuilsrivier_2_1 (Custom)

Kuilsrivier het Portugal verteenwoordig

 

No 3 - Welgemoed_3_1 (Custom)

Welgemoed het Griekeland uitgebeeld

 

No 4- Panorama se jongste (Chinese) lid_4_1 (Custom)

Panorama was van China – met ons jongste “Chinese” lid

Post a comment

eight + 17 =