Sirkel Tygerberg Inligtingsdag

 

Sirkel Tygerberg Inligtingsdag

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 10 May 2014

Sirkel: Tygerberg

Beriggewer: Antoinette le Roux

Datum: 10 Mei 2014

Op ‘n perfekte dag in die Boland het ‘n groot groep vroue van Sirkel Tygerberg by die plaas Avalon bymekaar gekom. 

Lieflike uitsig vanaf Avalon se stoep.

 

Die uitsig was pragtig en die herfs sonnetjie heerlik, maar gou moes ons inspring want ‘n baie interessante oggend het op ons gewag.

 

‘n Baie geslaagde Inligtingsdag vir die maak van die piouterkruis is gehou.  Byna al die takke van Sirkel Tygerberg het kom leer.  Die demonstrasie van al die stappe is deur Yvonne Wessels (081 773 0246) behartig. Sy is bedrewe in die piouterkuns en benewens klasse aanbied, maak sy artikels op bestelling, sowel as items wat sy plaaslik verkoop of uitvoer.

 

Die meeste vroue het verkies om eers ‘n kleiner artikel te maak om al die stappe op te oefen.   Almal het met ‘n trotse “probeerslag” huis toe gegaan.

Ons dank aan Elfrieda Auret, Kunste en Handvlyt sameroeper van Sirkel Tygerberg, wat die aangename werkswinkel gereël het.

Kyk gerus na die foto’s en sien hoeveel ons die geleentheid geniet het.

Nooit te oud of te jonk om te leer nie.

Elfrieda Auret wat die oggend gereël het.

‘n Voorbeeld van ‘n piouterkruis.

Oulike stofie om byewas warm te maak.

Byewas verhoed dat motief induik.

Polering nadat patina aangewend is.

Jayd Riley, Mariana Cox en Alta Kapp.

Elmien Moller en Cecile Stander.

Caro Ekerman, VLVK Sameroeper vir Kunste en Handvlyt, Sue Krige en Martie Jordaan.

Leonore Ward met ‘n toekomstige VLV-lid.

Post a comment

one × two =