Sirkel President besoek Graafwater

 

Sirkel President besoek Graafwater

Posted by VLV in Graafwater Tak 15 Oct 2014

Sirkel:  Weskus

Tak:  Graafwater

Beriggewer:  Marna Lambrechts

Datum:  15 Oktober 2014

 

 

graafwater

 

 

Mev Estelle Du Plessis , President van VLV  Sirkel Weskus, en haar eggenoot Christo, het swier  verleen aan ‘n maandvergadering tydens hul besoek aan VLV Graafwater.

 

 

Mev. Du Plessis het die VLV tema vir 2015 “ VROUE MET VISIE” as volg beskryf:

‘n Vrou met visie                    Vrees nie, want haar hulp is in die Here

‘n Vrou met visie het            Insig, want God is haar wysheid

‘n Vrou met visie                     Staan op en doen, sy neem leiding want God lei haar

‘n Vrou met visie                     Inspireer ander, sy bly positief

‘n Vrou met visiI IS NIE          Eiewys nie, want God is haar Raadsman.

 

 

Ofskoon die Du Plessis egpaar al baie vroeg vanaf Langebaan moes vertrek om‘n VLV Vergadering by Redelinghuys, asook ‘n geselligheid saam met lede van VLV Leipoldtville by Donkieskraal moes bywoon, het hul rustig en gesellig met die lede verkeer tot laat namiddag.

 

 

Lede het hul kuns- en naaldwerk artikels uitgestal by hierdie geleentheid.

Post a comment

seventeen − fourteen =