Sirkel Paarl Konferensie

 

Sirkel Paarl Konferensie

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 13 Mar 2014

Sirkel: Paarl

Plek: Wellington

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum:13 Maart 2014

Wellington tak bied Sirkel Paarl se 62ste Konferensie aan met grasie en styl. Van aankoms met koffie, teetydtreffers en 3-gang maaltyd uit die boonste rakke word voorgesit deur die span van 51 lede. Nie net word hier fees gevier nie (dis hoe dit amper gevoel het), maar ons dag word verryk deur Amanda Swanepoel van Melkbosstrand wat ons GRENSE kom VERSKUIF. Hoe ouer ‘n grens, hoe moeiliker verskuif mens dit. Verskuiwing van grense bring groei, en selfs wonderwerke. Grensverskuiwing vra moed, Moedig mense om jou aanen kies die regte mense.As jy begin verskuif , moenie ophou nie en vasbyt, dit is nie altyd maklik.

 

Sylvia Walker van OLD MUTUAL gesels oor borskanker en oor ander aspekte van dokumente wat jaarliks bygebring moet word om te verseker dat jy nie ingedoen word op finansiële gebied of met aftrede en trauma nie. Hersien jou testament elke 6-12 maande.

Albertus Buckle verteenwoordig die Drakenstein Munisipaliteit en wat hulle vermag het in die afgelope jaar in die direkte omgewing.

Met konferensie moet mens nie net sit en luister nie, maar ook soms hartseer raak en terugdink en ook ligtelik wees. Daarvoor het Elsabé du Plessis gesorg as gaskunstenaar en mev. SCB Smit vereer, wat al 57 jaar lank lid is van die plaaslike tak en haar geskiedenis gaan haal tot in vervloë dae. Selfs die geskerts en komiese aspekte van die VLV is uitgelig met Retha Rix wat ons lagspiere kom prikkel en almal op en wakker gehou het na middagete.

Elmarie Koch het ons die basiese SOS riglyne vir ‘n beter postuur en gesonde rug kom wys en Hermien du Plessis het ook ons ID-nommer uiteengesit waarvoor elke syfer in daardie GROEN boekie staan.

Sprekers en borge, LNR agter Monica Geldenhuys (Landbou sameroeper), Amanda Swanepoel, Jean Rosenstein (tesourier), Sylvia Walker (Old Mutual), Francina Marais(visepresident), Marie Louw, Brenda Steyn (Old Mutual), Nelia Kirsch (Pick ‘n Pay), mnr.Louw. Voor Jannie Louw (Affinity), Marinda Rall (president), Martie Jordaan (beoordelaar), Karen Barnard (voorsitter Wellington).

Na vele luister was dit tyd vir die aankondiging van die kompetisiewenners. Die deelname was so goed in elke item. Daar moes selfs ekstra tafels vir takke se produkte ingedra word. Voorwaar ‘n eerste. Na vele kopkrap en punte toekennings kan daar net een wenner wees in elke kategorie.

BORDUURWERKBEKER:Slot vd Paarl

GEBAK: Stellenbosch

LEKKERS: Stellenbosch

MEESTE PUNTE: Suider-Paarl

BLOMME: Monica Geldenhuys (Wellington)

KUNS & HANDVLYT: Slot vd Paarl

BREIWERK: Klein Drakenstein

Suider-Paarl tak stap weg met die Tip-top beker en ook met die MEESTE PUNTE algeheel behaal.

Tip-top beker verower deur Suider Paarl. Mev Marinda Rall oorhandig aan mev Hester Smit.

So word die nuwe bestuur vir die Sirkel ook aangekondig en Marinda Rall hervat haar amp as President, Monica Geldenhuys neem die leisels by Francina Marais oor as vise, Jean Rosenstein bly tesourier en Berta Spangenberg is die nuwe sekretaresse. Welgedaan en veels geluk.

Na alles en almal die dag geniet het, moet daar net vir borge dankie gesê word: Pick ‘n Pay Wellington, Durr Bottling, OLD MUTUAL, Vondeling wyne, Affinity, Bybelmedia en ook lede vir hul bydraes.

Riebeeck se inskrywings.

Slot vd Paarl se inskrywings.

Annalize Loubser (3de), Annamarie Taljaard (2de) & Berta Spannenberg (1ste ) vir Mosaïekwerk by Francina Marais.

Mia Louw (Malmesbury) was die enigste inskrywing vir knoopwerk en boonop ‘n nuweling en so jonk.

Sirkel Paarl nuwe Bestuur: Berta Spannenberg (sekr), Marinda Rall (president), Jean Rosenstein (tesourier), Monica Geldenhuys (vise).

BEKERSWENNERS:Frouwien du Toit (Slot vd Paarl), Lulu Malherbe (Klein Drakenstein), Hester Smit (Suider-Paarl),Hildegard du Plessis (Stellenbosch),Monica Geldenhuys (Wellington), Francina Marais, Aletta keyser (Slot vd Paarl).

Annamarie Taljaard (1ste), Hester Smit (2de), Marina Hancke (3de) vir Woordkuns.

Post a comment

sixteen + fifteen =