Sirkel Overberg Inligtingsdag

 

Sirkel Overberg Inligtingsdag

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 21 May 2014

Sirkel: Overberg

Venue: ACSV Terrein, Kleinmond

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Fotograwe: Alice V Rooyen, H Van Zyl

Datum: 20 Mei 2014

 

Altyd ‘n belangrike dag op die kalender van sirkel Overberg is die jaarlikse Inligtingsdag, vanjaar aangebied op die pragtige ACSV-kampterrein op Kleinmond. Die + 60 VLV-dames vanaf Bredasdorp, Gansbaai, Hermanus, Jongensklip, Villiersdorp en Kleinmond self, wat dit bygewoon het, kon luister na kundiges uit VLV-geledere en uit Kleinmond wat waardevolle wenke gegee het rakende die VLVK-kompetisies vir 2015 en die sirkel se interne gebak & gebottel-kompetisies. Bykomend het ‘n uitstalling van Lu-Dal Interieur op Kleinmond, aan die entoesiastiese gehoor ‘n verrassend wye verskeidenheid van breidraad, hekelgare, materiale en handwerkhulpmiddels gebied.

Ninnie du Toit, Sirkel Overberg se sameroeper vir Kunste&Handvlyt besig om aan die gehoor te verduidelik hoe belangrik die spel van lig en skadu op ‘n gesig is, wanneer die laggende persone in die potloodskets uitgebeeld moet word.

Van die aanbieders by die Inligtingsdag staan hier by die treffende rangskikking as ‘n voorbeeld van die tema “Die lewe is ‘n Lied” waar die uitbeelding van ‘n lied in die blommerangskikkingafdeling verlang word.

V.l.n.r. staan Maritha Groenewald (gebottel), Corrie Fourie (sirkelsameroeper Leefstyl), Maria Whitehead (gebak), Cobus Conradie (blomme) en Ninnie du Toit. Ninie Burger, wat oor die skryfkuns gepraat het, was reeds verskoon toe die foto geneem is. Conradie van Cutting Edge Flowers op Kleinmond is die sekretaris van die Strand-Blommeklub en gaan Suid-Afrika later vanjaar verteenwoordig by die Wêreldskou in New York.

VLV-Kleinmond het vir die innerlike gesorg, want buiten om te werk, kan VLV-vroue ook lekker gesels met ‘n koppie tee in die hand. Hier v.l.n.r. Marlene Swart, Bertha Koekemoer en Magda Marais (voorsitter) van Hermanus. Regs agter Marlene, in die agtergrond, Nelmarie Theron van Hermanus wat, ondanks ‘n onlangse voetoperasie, en dus op krukke, steeds haar bydrae, as baie bekwame sirkelbeoordelaar, kom lewer het oor die vereistes vir die naald-, brei- en hekelwerk.

Chrissie Kelly van Kleinmond (tweede van regs) het almal se belangstelling gaande gehad met haar uitstalling en demonstrasie van kloskant wat by die Schwalmwerk gebruik kan word. Hier verduidelik sy met teetyd die fynere kunsies aan Marianna van Rensburg, Rienie Ludick (voorsitter) en Ronelle de Villiers van Gansbaai.

Post a comment

2 × 2 =