Sirkel NOK Konferensie

 

Sirkel NOK Konferensie

Posted by VLV in Molteno Tak, News, SIRKEL NUUS 02 Mar 2014

Sirkel: NO-Kaap

Plek: Molteno

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 1 Maart  2014

 

Ds Dewald Davel van Molteno het die verrigting geopen, en die hoofspreker was mev. Erika Lubbe van Prieska, VLV Kaapland se Provinsiale President. Sy het gepraat oor “Verskuif jou grense/Move your boundaries” en o.a.  gesê dat verskuiwings goed, sleg of noodsaaklik kan wees. Soms moet verskuiwings gemaak word – al laat dit ‘n mens onveilig voel en verg harde werk. Vgl. groot uitvindings wat begin het met grensverskuiwings, bv die Hervormers, die wetenskaplike Marie Curie, en die uitvinder van wondergom! Omskep struikelblokke na geleenthede, en dink ook anders.

 

Aanbiedings is vanjaar gedoen deur Leefstyl se Christell Venter, en Kunste & Handvlyt se Antoinette van Pletzen. Christell het gewys wat alles met Filodeeg-doppies gedoen kan word, terwyl Antoinette ‘n Musiekvasvra gehou het. Items was ‘n humoristiese voorlesing van kindersêgoed deur Helen Noorman van Molteno, en Tom Gratten van Engeland (wat vir ‘n jaar by Lady Grey Kunste Akademie skoolhou) het rustige Jazzliedjies gesing.

Die pragtige Tom Gratten het almal betower! Irma Davel geniet dit in die agtergrond.

 

Oorkondes en geskenkies is aan ‘n paar dames van Molteno oorhandig. Issie Pieterse het haar 40 jaar kenteken ontvang, asook erkenning vir haar positiewe bydrae in die tak, tesame met veterane Baby Cloete en Koba Jordaan. Annemarie Els het erkenning ontvang vir haar ywer as sekretaresse van die tak, asook van die sirkel. Mary Botha en Marie Pretorius was die Dankie Sê-persone van die dorp Molteno. NOK het ‘n boom aan Matrone Anneke Potgieter van die Siesta Aftreeoord (waar die konferensie gehou is) oorhandig. Die student Pieter Naudé van Lady Grey is die wenner van die Mossie Grobler beurs, vernoem na ‘n vorige sirkelpresident.

Oorkondes is aan dié groep staatmakers oorhandig: Voor sit Issie Potgieter (40jr lid). Agter staan van links Mary Botha, Koba Jordaan, Baby Cloete, en Marie Pretorius.

 

Kompetisies is vooraf deur verskeie beoordelaars beoordeel, en die uiteindelike takwenner met die meeste punte was Lady Grey, met Jamestown 2de en Dordrecht 3de.

 

Daar is ook afskeid geneem van Irma Davel as Sirkelpresident, en Antoinette van Pletzen van Jamestown is in haar plek aangewys. Die nuwe sirkelsekretaris is Isabel du Toit van Lady Grey, wat ook sirkeltesourier is.  Die visepresident is Christell Venter van Jamestown, wat ook vir Leefstyl verantwoordelik is. Die res van die bestuur is Retha Peens van Queenstown (Gesondheid), Lenie Fourie (Landbou) en Marieka Bekker (Openbare Sake), beide van Dordrecht. Helen Noorman (Opvoeding & Kultuur) en Irma Davel (Kunste & Handvlyt) kom beide van Molteno. Ina Bekker van Ugie is Kunste & Handvlyt se hulpsaamroeper.

Sirkel NOK bestuur: voor sit Isabel du Toit (sekr/tes.), Antoinette van Pletzen (pres), Christell Venter (visepres). Agter staan Lenie Fourie, Helen Noorman, Marieka Bekker, Irma Davel en Retha Peens. Afwesig: Ina Bekker.

Minnie Coyte-King (links) en Helene Beukes van Queenstown moes komberse by Pep gaan koop teen die koue!

Post a comment

seven − 1 =