Sirkel Middelland Konferensie

 

Sirkel Middelland Konferensie

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 07 Mar 2014

Sirkel:  Middelland

Plek: Port Alfred

Datum: 5 & 6 Maart 2014

 

Sirkel Middelland en Alexandria word 80!

Verjaardagkoek van Sirkel Middelland.

Verjaardagkoek van VLV Alexandria.

Uitsig vanuit die Halyards Hotel te Port Alfred, venue van Sirkel Middelland se 80ste Konferensie.

 

Tydens die tagtigste Konferensie is behoorlik feesgevier.  Alexandria, wat ook hul tagtigste verjaarsdag gevier het, het die konferensie in die Halyards Hotel te Port Alfred met swier en innoverende idees aangebied.  Verder is Sirkel Middelland met mev. Erika Lubbe, VLVK-president se teenwoordigheid vereer.

Van links: Lynette Martin, Sirkelpresident; Sharon Mac Donald, Voorsitter VLV Alexandria; en mev. Errika Lubbe, VLVK-president.

 

Annelie Botes, befaamde Afrikaanse skrywer, het tydens die openingsrede ons grense behoorlik verskuif.  Almal het verdwaal in die bos in haar sprokie, maar ook besef hoe ons onsself nooit moet vergeet nie en hoe ons, ons grense moet verskuif.

Verskuif jou grense.

 

Die sprekers was puik.  Hulle het by hul onderwerp gehou en die tema inspirerend en humoristies oorgedra.  Ons sien nou kans om almal giggelgroen of skelpienk aan te trek. Mev. Erika Lubbe het met haar aanbieding van die WBPV vir elke konferensieganger dit ‘n werklikheid gemaak.

 

Alexandria het bygedra tot die feestelikheid van die geleentheid.  Die aandfunksie was ‘n dinee en ‘n groot verrassing het op die gaste gewag:  “Elvis” het ons weggevoer na ‘n ander era en almal was lus om litte los te maak!  Wat wonderlik was, was die feit dat alles in een venue plaasgevind het.  Die etes was heerlik en almal kon net aansit  en eet.

Bloubanddames van VLV Alexandria in die kompetisielokaal.

 

Baie geluk, Alexandria – alles was baie goed georganiseerd en het seepglad verloop. Die tak het geen moeite ontsien nie.  Dit word opreg waardeer!

Van links agter: Annalize Lategan, VLV Aberdeen; Lize Gerber en Jane Kemp, VLV Hanekam; Linda Putzier van VLV Alexandria;

Van links voor: Sunette van Deventer, VLV Hanekam;  Lynette Martin, Sirkelpresident van Sirkel Middelland en Erika Lubbe, VLVK-president.

Post a comment

four + 7 =