Sirkel Kalahari Konferensie

 

Sirkel Kalahari Konferensie

Posted by VLV in Bray Tak, News, SIRKEL NUUS 13 Mar 2014

Sirkel: Kalahari

Plek: Bray

Beriggewer: Nellie Viljoen

Datum:  12 Maart 2014

 

Die reis ver in die ou Kalahari het hierdie jaar in reën geskied en die Moloporivier loop vir die eerste keer in jare. Lede van VLV Sirkel Kalahari het op 12 Maart op Bray vergader vir die jaarlikse konferensie.

 

Maryna Cotton, fotograaf van Pretoria, het beklemtoon dat elke vrou die kamera moet gebruik om haar storie te vertel. Kyk met nuwe oë na die wêreld en laat die foto vertel wat jy ervaar. Kies die tyd waarop foto geneem word en speel met lig en skaduwee. Maak tyd om stil te word, raak ontslae van persepsies en sien die mooi in eenvoudige dinge raak. 

 

Marietjie Landsberg van Bloemfontein is betrokke by SANRA en het oor afhanklikheid van alkohol of gewoontevormende middels gepraat het. Afhanklikheid kan gesien word as die kompulsiewe behoefte om middels te gebruik ten einde normaal te funksioneer. Dwelms is wettige of onwettige chemiese substanse wat veranderinge in die liggaam veroorsaak. Tekens van dwelmmisbruik is die ontduiking van verantwoordelikhede, gebruik in gevaarlike omstandighede, botsings met die gereg en verhoudingsprobleme.

Adri Eloff, voorsitter van Bray, met die sprekers Marietjie Landsberg en Maryna Cotton.

 

Onder die takke was Vryburg die wenner, Reivilo tweede en Piet Plessis derde. Trofeë is verower deur Marietjie Steyn van Vryburg vir masjienwerk, borduurwerk vir beginners, lekkers en beeldhouwerk, Marthie Grobler vir blommekuns gevorderd en ope en Rodien van Zyl vir fotografie.

Marietjie Steyn, wenner van vier trofeë tydens konferensie.

Marthie Grobler, wenner van blommekuns gevorderd en ope.

Corlie van Zyl van Reivilo verower trofeë vir borduurwerk gevorderd en breiwerk terwyl Jane McLellan die wenners was van hekel- en knoopwerk. Adri Eloff van Bray was die wenner van blommekuns vir beginners.

 

Piet Plessis deel die trofee vir bywoning met Tosca en Sonia van Rensburg was die wenner van die mosaïekwerk.

 

Erika Linde van Mimosa is aangewys as sterlid en Helmine Haasbroek verower die trofee vir gebottel.

 

Kuruman was die stertak en verower trofeë vir betrokkenheid en reklame wat hulle met Vryburg deel. Petro Spangenberg was die wenner van die woordkuns.

Tersia Grobler, nuutverkose visepresident, Carien van den Berg, sirkelpresident en Martie Eloff, vorige sirkelpresident.

Post a comment

19 − 16 =