Sirkel Kalahari borduurders presteer

 

Sirkel Kalahari borduurders presteer

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 24 Aug 2019

Sirkel: Kalahari

Takke: Kuruman, Vryburg, Reivilo en Mimosa

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 22 en 23 Augustus 2019

 

 

Huidige Sirkel President van Sirkel Kalahari, Corlie van Zyl van Reivilo (regs) het ‘n tweede plek behaal met haar borduurwerk tydens die Vroue Landbouvereninging van Kaapland (VLVK) se 90ste Kongres wat op Donderdag 22 en Vrydag 23 Augustus 2019 te Goudini, Worcester gehou is. Marietjie Steyn van die Vryburg-tak, Sirkel Kalahari (Esta Twigge het haar trofee namens haar in ontvangs geneem) was derde en Voormalige Sirkelpresident Carien van den Berg (links), ook van die Reivilo-tak was sesde. Hierdie drie dames se borduurwerk gaan vir die volgende jaar in VLVK se tekstielmuseum by die Jubileum Huis in Stellenbosch uitgestal word! Wat ‘n pragtige prestasie vir Sirkel Kalahari.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marietjie Steyn wat die derde plek in die borduur-afdeling behaal het met trofeë wat sy vroeër vanjaar tydens VLV Sirkel Kalahari se Konferensie ingepalm het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Sirkel Kalahari, voor vlnr: Biffie de Wet (afgevaardigde vir Mimosa-tak), Jane McLellan (afgevaardigde vir Reivilo-tak), Esta Twigge (afgevaardigde vir Vryburg-tak), Corlie van Zyl (huidige Sirkelpresident, Kalahari), Carien van den Berg (voormalige Sirkelpresident, Kalahari), Marianne Vorster (afgevaardigde vir Kuruman-tak) en Bessie Kriek (Kuruman-tak. Dit was haar 41ste Kongres wat sy bygewoon het). Agter vlnr, almal as waarnemers: Hettie Krüger (vir oulaas saam met Kuruman-tak, aangesien sy oorgeplaas is na die splinternuwe Danielskuil-tak), Marelie Keuler (Kuruman-tak), Ansie Cilliers (Kuruman-tak), Zelda Lombaard (Kuruman-tak), Janet West (Kuruman-tak), Arina Beukes (Kuruman-tak), Alta Roets (Kuruman-tak) en Veronica Corbett (Kuruman-tak).

 

Kuruman se VLV-tak, was soos gewoonlik goed verteenwoordig by die Kongres Hiervoor wil hulle graag baie dankie sê aan Brickforce Kuruman wat goedgunstiglik hulle bussie aan die dames beskikbaar gestel het. Dit het beteken dat altesaam tien dames van Kuruman-tak die kongres kon bywoon. Afgevaardigdes van ander takke in Sirkel Kalahari kon ook van hierdie wonderlike geleentheid gebruik maak. Sirkel Kalahari het drie verteenwoordigers van Reivilo-tak, een van Vryburg-tak en een van Mimosa-tak by die kongres gehad. Vyf mans uit Sirkel Kalahari het die mansuitstappie op Donderdag 22 Augustus 2019 meegemaak. Dit is dus ‘n totaal van twintig persone uit Sirkel Kalahari wat tydens die kongres teenwoordig was.

 

Sirkel Kalahari en in besonder Kuruman-tak is tydens die kongres vereer vir hul styging in ledetal oor die afgelope jaar. Welgedaan!

 

Agter: Marianne Vorster (Voorsitter van VLV se Kuruman-tak) en Biffie de Wet (Voorsitter van VLV se Mimosa-tak). Voor vlnr: Hettie Krüger (vir oulaas saam met Kuruman-tak, aangesien sy oorgeplaas is na die splinternuwe Danielskuil-tak), Alta Roets (Kuruman-tak), Carien van den Berg (voormalige Sirkelpresident van Sirkel Kalahari en lid van Reivilo-tak), Ansie Cilliers (Kuruman-tak), Marelie Keuler (Kuruman-tak), Zelda Lombaard (Kuruman-tak), Arina Burger (Kuruman-tak) en Veronica Corbett (Kuruman-tak). Heel voor: Arina Burger (dogter van Liza Burger van die Kuruman-tak). Die bussie is goedgunstiglik deur Brickforce verskaf sodat die dames die kongres by die ATKV Goudini Spa buite Worcester kon bywoon. Janet West en Bessie Kriek van Kuruman-tak het ook die Konges bygewoon, maar het nie van die bussie gebruik gemaak nie en verskyn daarom nie op die foto nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die groep het twee ekstra dae in die Kaap-omgewing spandeer en beslis die beste van dié uitstappie gemaak.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment