Sirkel Griekwaland-Wes palm toekennings in

 

Sirkel Griekwaland-Wes palm toekennings in

Posted by VLV in News, SIRKEL NUUS 24 Aug 2019

Sirkel: Griekwaland-Wes

Takke: Postmasburg, Olifantshoek, Volop, Griekwastad, Danielskuil en Niekerkshoop

Portefeulje: Kongres Prestasies

Beriggewer: Hettie Krüger

Datum: 22 en 23 Augustus 2019

 

Agt verteenwoordigers van VLV Sirkel Griekwaland-Wes het die 90ste VLVK (Vroue Landbouvereniging van Kaapland) se nasionale Kongres by die ATKV Goudini Spa buite Worcester, bygewoon.

Sirkel Griekwaland-Wes bestaan uit takke soos Postmasburg, Olifantshoek, Volop, Griekwastad, Niekerkshoop en die splinternuwe Danielskuil-tak.

 

Verteenwoordigers van Sirkel Griekwaland-Wes tydens VLVK se 90ste Kongres, voor vlnr: Vonesse Gerber (van Niekerkshoop-tak en voormalige Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes), Erika Lubbe (voormalige Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes sowel as voormalige VLVK President en huidige VLVK argivaris), Machel van Niekerk (huidige Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes) en Hettie Krüger (van die splinternuwe Danielskuil-tak). Agter vlnr: Jorietha Kirsten (afgevaardigde vir Postmasburg-tak), Amanda Duvenhage (verteenwoordig Olifantshoek-tak in hul afwesigheid), Maretha Nowers (afgevaardigde vir Volop-tak) en Ruby Kriel (afgevaardigde vir Griekwastad-tak).

 

Tydens die Kongres is Sirkelpresident, Machel van Niekerk vereer vir haar vermoeë om takke wat voorheen ontbind het of rustend was, weer op die been te bring.

 

 

 

 

 

Die Sirkelpresident van VLV Sirkel Griekwaland-Wes, Machel van Niekerk (links) het tydens die 90ste VLVK Kongres, die Lubbe-trofee ontvang vir haar vermoeë om takke wat voorheen ontbind het of rustend was, weer op die been te bring. Estelle du Plessis, pasverkose Visie-President van VLVK het die trofee aan haar oorhandig.

 

Machel het in 2017 nuwe lewe in die rustende Griekwastad-tak geblaas met Ruby Kriel as voorsitter.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

‘n Sop-en-Sjerrie Damesoggend op Saterdag 8 Junie 2019 aan huis van Hettie Krüger op Danielskuil gehou is, het tot die herstigting van hierdie tak gelei.

Die VLV-tak op Danielskuil het voorheen van 1943 tot 1955 bestaan. In 1948 is die Sirkel Konferensie hier aangebied. Nadat daar vir dertien jaar ‘n Huisvlyt-tak bestaan het, stig Mev Duvenhage op 29 Januarie 1976 weer ‘n VLV-tak met dertig lede en Mev M Kriel as Voorsitter, maar op 24 Mei 2003 het die tak weer ontbind.

VLV Danielskuil-tak hou op Vrydagmiddag 13 September 2019 ‘n Lente-byeenkoms, waartydens die bestuur van dié splinternuwe tak verkies sal word. Belangstellendes kan gerus enige navrae rig na danielskuilvlv@gmail.com

 

Ruby Kriel, Voorsitter van Griekwastad-tak (links), Machel van Niekerk, Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes (middel) en Hettie Krüger, Danielskuil-tak (regs).

 

Sirkel Griekwaland-Wes het ook ‘n sertifikaat ontvang vir hul styging in ledetal oor die afgelope jaar.

 

Die drie Sirkel Presidente van VLV Sirkels Kimberley en Distrikte, Griekwaland-Wes en Kalahari het tydens die Kongres geleentheid gehad om die dames uit te nooi na die 91ste Kongres wat in Augustus aanstaande jaar deur hierdie drie sirkels in Kimberley aangebied sal word.

 

Van regs: Kittie Potgieter (Sirkelpresident van Sirkel Kimberley en Distrikte) by die mikrofoon, Machel van Niekerk (Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes) en Corlie van Zyl (Sirkelpresident, Sirkel Kalahari).

 

Hoendervleis-oomblikke waar ‘n skyfievertoning wat die omgewing van hierdie drie sirkels uitbeeld en ‘n herskryfde weergawe van die bekende “Ireland’s call”, het die hele saal op hul voete gehad. Almal het bymekaar ingehaak en dié woorde uit volle bors saam gesing:

Northern Cape, Northern Cape

Together standing tall

Shoulder to shoulder

We’ll answer CWAA’s call

Hearts of steel And heads unbowing

Vowing never to be broken

We will serve, until We can serve no more

From these three proud circles

of Northern Cape

Bogenoemde drie sirkels kry die geleentheid om die ander vyftien sirkels op eie bodem te onthaal. Dit is ‘n groot taak en ongeveer 350 VLV dames word vir die geleentheid verwag.

Sirkel Griekwaland-Wes bestaan uit takke soos Postmasburg, Olifantshoek, Volop, Griekwastad, die splinternuwe Danielskuil-tak en Niekerkshoop. Sirkel Kalahari bestaan uit Vryburg, Kuruman, Reivilo en Mimosa. Sirkel Kimberley en Distrikte bestaan weer uit takke soos Kimberley, Kimberley-Wes, Hopetown, Douglas, Warrenton, Tadcaster en Hartswater. Hierdie takke sal almal saamwerk om 2020 se VLVK Kongres in die “noorde” een te maak om nog lank te onthou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Amanda Duvenhage, wat die Olifantshoek-tak, Sirkel Griekaland-Wes in hul afwesigheid verteenwoordig het, het die mooiste scrapbook gewen met lootjies wat Kimberley Sirkel verkoop het vir fondse vir 2020 se Kongres.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Machel van Niekerk, Sirkelpresident van Sirkel Griekwaland-Wes, dra die VLVK vlag uit na afloop van die 90ste VLVK Kongres.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die dames van Sirkel Griekwaland-Wes in ‘n meer ontspanne luim tydens die musiekaand, boekbekendstellingsgeleentheid en 90ste verjaarsdagvieringe van VLVK op die Donderdagaand van Kongres.

 

Post a comment