Siedaar!

 

Siedaar!

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 20 May 2014

Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 20 Mei 2014

 

Op ‘n koue, reënerige Kaapse wintersoggend het kunstige Martie Beneke, een van ons taklede, ons lewens warmer kom maak.  Sy het ‘n gewone plastiekkrat in ‘n veeldoelige gebruiksartikel kom omtower.  Nadat sy tapytonderlaag rondom die krat vasgesit het, het die oortrekproses begin.

Martie besig met die oortrekproses.

 

Dit is afgerond met ‘n stewige deksel, en siedaar…’n ottoman of ‘n handige bêreplek vir enigiets.  Dit het pootjies wat die skuiwery of rondtrekkery vergemaklik.

Die voltooide artikel!

Post a comment

5 × 3 =