Sharon? Ja, persimmon!

 

Sharon? Ja, persimmon!

Posted by VLV in Caledon Tak, News 16 May 2014

Sirkel: Overberg
Tak: Caledon
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Yvonne Pretorius
Datum: 15 Mei 2014

 

‘n Groepie dames van die Caledon VLV-tak het op 13 Mei 2014 ‘n baie interessante besoek by die Viljoens van Middelplaas se persimmon-boerdery afgelê.

image.axd-97

Jan Viljoen se plaas in die Caledon-distrik. Daar is tans slegs ʼn handjievol persimmonboere in hierdie distrik.
Daar is ongeveer 888 bome per hektaar en 30 hektaar is onder persimmons. Die boorde word d.m.v. ʼn drupstelsel besproei. Hierdie stelsel word per rekenaar vanaf die boer se kantoor beheer.

image.axd-98

Die bome word uit ‘n pit gekweek en oorgeënt en dit neem 4 jaar voor die bome vrugte dra. Enige vrugte wat val, word opgetel en vir die skape gevoer. Persimmons word na Europa uitgevoer en hierdie jaar vir die eerste keer ook na die VSA.

image.axd-99

Bome word ʼn paar maal per seisoen deurgepluk, afhangende van die graad van rypheid wat die vrugte bereik het. Gedurende die plukseisoen kan tot soveel as 100 seisoenwerkers persimmons pluk. Spanne van 8 tot 10 werk saam om die groot kratte vol  te maak en word dan per krat betaal. Die oestydperk beloop ongeveer 5 tot 8 weke.

image.axd-100

Wanneer hulle gepluk word, draai die plukkers hulle af en knip dan die steeltjie sodat dit nie die ander vrugte beskadig nie. Persimmons moet eers behandel word anders smaak hulle vrank. Die vrugte wat in winkels en supermarkte beskikbaar is, is reeds behandel.

image.axd-101

Jan Viljoen wys hoe die persimmons verpak word. Alle persimmons word na Swellendam gestuur waar dit onder die naam Sharon verpak word. Elke verpakking het ‘n plakker op met die produsent se PUC nommer wat aandui op watter dag die vrugte gepluk was, van watter blok, die tyd en die plaas se naam.

 

Ná die toer het Hanneke Viljoen die dames met tee en heerlike eetgoed getrakteer.

image.axd-102

Retha Skein en Jannie Viljoen, vader van Jan Viljoen.

Post a comment

thirteen + eight =