Share your Knowledge

 

Share your Knowledge

Posted by VLV in Goodwood Tak 23 Jun 2015

Sirkel:  Tygerberg
Tak:  Goodwood
Portefeulje:  Naaldwerk
Beriggewer:  Alet Colyn
Datum:  23 Junie 2015
Een van ons taklede, Griet le Roux, is deel van ‘n geregistreerde welsynsorganisasie, Share your Knowledge, wat mense in naaldwerk en patroonontwerp oplei, asook leiding gee oor hoe om jou eie besigheid te begin.  Die projek het sy ontstaan in Zambië gehad en dit is ook waarheen Griet en haar suster, Joan, gereeld gaan om die dames daar te bemagtig.

 

 

P1040020

 
In ‘n stat is daar gewoonlik ‘n “hoofhuis”, en die hoof van daardie huis is dan ook die hoof van die stat.  Die hoof van ‘n dorpie, ‘n pastoor, se vrou het gevra om in naaldwerk opgelei te word en so is begin om 10 vroue op ‘n keer op te lei.  By Ithezi-Thezi  woon ook ‘n pastoor Daniël en sy vrou, Florence.  Hulle het ‘n kerk gebou en nog 10 vroue is in naaldwerk daar opgelei.

 
Op die eerste dag word ‘n beginnerskursus aangebied – die vroue leer hoe om met die naaimasjien te werk en dit te onderhou en ook hoe om reguit te  stik.  Twee sakke word gemaak, waarna hulle in die daaropvolgende dae rokkies met plat-en rolnate vir dogtertjies maak, broeke en hemde met belegsels vir seuntjies, damesbloese en manshemde en op die laaste dag word ‘n hoed gemaak.  Wanneer nuwe dames opgelei is, word die vorige groepe weer besoek en hulle word weer geleer om skoolklere vir die plaaslike kinders te maak.  Die opgeleide dames lei weer ander op.

 
Op haar nederige manier het sy vir handnaaimasjiene gevra – ‘n artikel wat moeilik bekombaar is, maar ‘n wêreld vir ander oopmaak.

Post a comment

five × one =