September en tyd vir potpourri

 

September en tyd vir potpourri

Posted by VLV in Alexandria Tak 18 Sep 2014

Sirkel:  Middelland

Tak: Alexandria

Protefeule:  Potpourri

Beriggewer:  Dina Erasmus

Datum:  18 September 2014

 

 

Soos die HAT woordeboek dit beskryf is dit `n “snaakse mengelsmoes”.  Elke portefeulje span saam om iets besonders aan die lede voor te sit wat steeds die dag kan verryk.

 

Die lede is getrakteer op die volgende:

 

`n Voorlesing van “Die wet van Transvaal” deur Andre Brink.

 

 

alexandria

 

 

Die lede oorhandig strooskussings aan die SAP van Alexandria wat gebruik sal word vir getraumatiseerde kinders.  Dit word met groot waardering ontvang deur lede van die Alexandria SAP tak.

 

 

alexandria1

 

 

Dr Piet Vos sleur ons mee met sy vertelling oor sy besoek aan Ruanda waar hy na die Gorilla’s gaan kyk het. Die Gorilla bevolking bestaan slegs 800 diere. Hierdie diere kan tot 200kg weeg! Wonderlik om te weet dat die mense wat die beskermde diere voorheen gejag het, nou hul getroue behouers is. Volgens hom is die beste tyd vir die besoek gedurende Mei tot November van die jaar.

 

 

alexandria2

 

 

Hester van Vuuren gesels met ons oor seëls wat deur die Suid Afrikaanse Poskantoor vrygestel was.  Daar is reekse van Suid-Afrikaanse veldblomme, Suid-Afrikaanse Ligtorings, en die 75ste Lugmag herdenking.

 

 

alexandria3

 

 

Dit was van meeste van die lede `n eerste keer!  Die “Broom stick” hekel werk. Nee, dit het niks met Liewe Heksie te doen nie. Om nie eens te praat van vingerbrei en dan nog armbrei ook nie! Barbara en Annelie van Cannon Rocks se “Craft club” deel dit met ons en wys ons hoe dit gedoen word.

 

 

Die skrywers van die jaar word vir die lede toegelig deur Rienie Pretorius.  Ingrid Winterbach, gebore 14 Februarie 1948, se eerste novel was “`n Klaaglied vir Koos” gepubliseer is 1984 onder die alias van Lettie Viljoen. Sy publiseer nog 4 boeke onder die naam en ontvang in 1994 die Old Mutual en ook die M-Net prys vir die novel “Karolina Ferreira”.

 

 

Zakes Mda, was gebore in die Oos-Kaap in 1948, word groot in Soweto en voltooi sy skool opleiding in Lesotho. Hy skilder en is betrokke met film produksies.  Sy eerste boek “The whale caller” word in 2005 gepubliseer deur Rienie Pretorius.

 

 

Organiese planthouers het die lede aangegryp.  Afgesien van halwe eierdoppe en toiletrolle wat met sukses gebruik kan word,  sien die lede hoe koerantpapier gevou en dan praktiese planthouers word waarmee plantjies direk in die grond geplant kan word.

 

 

Die kunsbeginsels van blomme rangskik word gedeel met klaar voorbereide koppie rangskikkings en ons luister na `n Potgooi van RSG. Dit was gedigte van Adam Small en Ingrid Jonker wat getoonset was deur Randall Wicomb asook Lauricha Rauch.

 

 

alexandria4

 

 

Soos gewoonlik loop die huiswerk tafel oor met inspirerende artikels.

 

 

Post a comment

19 − twelve =