Selfoonetiket

 

Selfoonetiket

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 10 May 2018

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 9  Mei  2018

 

Almal moes iets bring wat hulle self gedurende die afgelope maand gemaak het: “Bring & Brag”. Een van die nuwe lede, Marissa Potgieter, het haar houtwerkartikels saamgebring en verduidelik hoe sy dit maak.

 

Marissa Potgieter vertoon haar houtprodukte.

 

Lyste met nommers & kontakbesonderhede in noodgevalle is uitgedeel, asook ‘n voorstel vir lêers  met belangrike inligting soos polisnommers, rekeningnommers, mediese fondse,  afskrifte van huweliksertifikate, geboortesertifikate, ens. Dis belangrik om te weet waar om te kla in die sakesektor, en hoe om vir Fica te registreer – en hiervoor is ook inligting uitgedeel. Die Weermag se Alfabetname kan gebruik word wanneer inligting oor ‘n telefoon gespel moet word – en elkeen kry ‘n gelamineerde lysie. Inligting is ook gegee oor Selfoonmaniere, en hoe om ‘n nat selfoon droog te maak.

 

Moenie jou selfoon gebruik wanneer jy met iemand in gesprek is nie, of vir aankope betaal, aan etenstafel is of in ‘n wagkamer/kerk/teater sit nie. Praat sagter wanneer jy in die openbaar op jou selfoon praat, en moenie jou selfoon beantwoord as jy met jou landlyn besig is nie. As jou selfoon nat geword het,  haal dit so gou as moontlik uit die water. Skakel dit dadelik af, en moet GEEN verdere knoppies druk nie. Verwyder die battery, omhulsel, simkaart, asook oorfone. Sit dit op ‘n papierhanddoek om droog te word. Vee die foon met handdoekpapier af en maak droog deur met ‘n stofsuier te suig, of in ‘n hoeveelheid rou rys te verberg. Moet dit NIE met ‘n HAARDROëR blaas nie, en MOENIE jou foon vries nie (soos sommige boererate aanbeveel!). As jy dit ná 24 uur weer aanmekaarsit en dit nie werk nie, herhaal die prosedure, of gaan na ‘n gemagtigde handelaar.

 

Wenke oor Padmaniere en hoe om veilig te reis, is gegee. Moenie ‘n aggressiewe bestuurder wees nie. Moenie ander bestuurders probeer “terugkry” nie, en vermy enige oogkontak. As jy ‘n rooi verkeerslig nader, ry geleidelik stadiger, sodat jy nie te lank by die rooi lig hoef te wag nie. Wees altyd bewus van ontsnappingsroetes: op die pad, en in geboue. Rek bv die stilhouafstand tussen jou en die motor vóór jou, sodat jy vinnig kan uitglip en wegry. Los kosbaarhede (soos juwele) by die huis, en maak fotostate van jou reisdokumente, ID, paspoort, kredietkaarte en rybewys. Los ‘n afskrif ook by die huis by ‘n betroubare persoon. Neem voorskrifmedikasie se voorskrifte saam, anders kan doeanepersoneel dit dalk vir dwelms aansien.

 

‘n Vasvra oor Padtekens is gehou, wat gewen is deur een van die nuwe lede, Minette Botha, wat ‘n prys ontvang het.

 

Don’t come home smelling of other dogs. Feed me every goodie you eat. Don’t call me to bath. Let me out even though I just came in – there’s an area I forgot to sniff. I can sleep anywhere I choose – even if you have to sleep on the edge of the bed – don’t move me! Don’t think you can leave the room without me. If it lands on the floor, it’s MINE!

 

 

 

 

Ten slotte is ‘n stukkie voorgelees oor hoe ‘n Jack Russellhond se gedagtes werk!

Post a comment

14 + 5 =