Sê “nee” vir dwelms.

 

Sê “nee” vir dwelms.

Posted by VLV in News, Voëlvlei Tak 28 Jun 2017

 

Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Elize Locke

Datum: 27 Junie 2017

 

Kaptein Tekkie van Rensburg, bevelvoerder van Mosselbaai Speurtak besoek VLV Voëlvlei om te gesels oor dwelms en die gevolge van die misbruik daarvan.

 

‘n Dwelm is ‘n chemiese middel wat ‘n fisiese en psigiese afhanklikheid veroorsaak.

 

Kinders en jongmense kry inligting oor dwelms van selfone, tablette en die televisie, asook van maats wat reeds vertroud is daarmee.  Hul eksperimenteer een keer om te sien hoe die rook, snuif of drink daarvan hul affekteer.  Soms is die gevoel dalk nie so effektief soos hul verwag het nie, en hul probeer weer.  Die gevolg is dan ‘n geleentheidsgebruiker en naderhand ‘n gereelde gebruiker.  So word hul volkome afhanklik en sal enigiets doen om die dwelm in die hande te kry – steel en in uiterste gevalle selfs moor.

 

Dwelms word op verskillende maniere toegedien.  Dit kan deur die mond gesluk, neus gesnuif, binne-aars gespuit of selfs in die vorm van ‘n setpil anaal of vaginaal  toegedien word.

 

 

 

 

 

 

 

 

Dit is baie belangrik dat jy as ouer kalm en bedaard bly wanneer jy uitvind dat jou kind dwelms gebruik.  Aanvaar verantwoordelikheid vir jou kind.  Konfronteer jou kind ferm, maar rustig. Ondersteun jou kind en soek saam na hulp by professionele persone.

 

 

 

 

 

Kaptein Tekkie Van Rensburg en Mev Johlene Muller, Sirkelpresident.

 

 

Maak dit ‘n reël in jou huis dat jy jou kind se selfoonboodskappe lees en weet op watter sosiale media hulle aktief is.  Gaan deur hul skooltasse (sonder hul medewete) en let op na enige verandering in hul gedrag, slaappatrone en persoonlike higiëne.  As jy iets vermoed, kan jy jou kind laat toets.  Vind uit by jou dokter of plaaslike kliniek oor waar jy die toetse kan laat doen.

 

Ouers moet onthou dat ‘n goeie voorbeeld beter is as enige “preek”.  Lê reëls neer in die huis, sonder enige grys gebiede.  Wees ook bewus van die feit dat dwelmverslawing in enige laag van die samelewing voorkom.  Dit kies nie ras, kleur of inkomstegroep nie.

 

Kaptein van Rensburg het ‘n versameling voorbeelde van dwelms saamgebring om aan die lede te wys.

Post a comment

6 − 3 =