SAPD besoek

 

SAPD besoek

Posted by VLV in News, Victoria-Wes 23 Aug 2014

Sirkel:  Noord-Karoo

Tak:  Victoria-Wes

Portefeulje:  Openbare Sake

Beriggewer:  Elize Perrin

Datum: 23 Augustus 2014

 

Nadat me. Vermeulen die opening  waargeneem het, is kaptein Jacobs en konstabel De Bruyn van die plaaslike SAPD, aan die woord gestel.

 

SANYO DIGITAL CAMERA

sersant De Bruyn en kaptein Jacobs

 

Hulle het vir die dames meer vertel oor die Gemeenskap Polisie Forum en die sektorleiers se name vir die dames deurgegee. Wenke oor veiligheid is ook gedeel soos onder andere dat persone wat aansoek vir tuinwerk doen se identiteitsboekies gevra moet word. Soveel as moontlik inligting oor aansoekers moet beskikbaar wees, aangesien dit dikwels inwoners se eie werkers is wat inbrake uitvoer. Persone wat alleen woon moet ook iemand soos ‘n buurman/-vrou vra om van tyd tot tyd te kom inloer. Wanneer die polisie in kennis gestel word van persone wat vir ‘n tydjie weg is word daar ‘n ogie oor die perseel gehou.

 

Interessante inligting oor die stemproses oorsee is aan die dames meegedeel. Die stemsyfer oorsee was laag en dit blyk dat daar in baie gevalle onduidelikheid was of Suid Afrikaners oorsee kon stem of nie. Verder was daar min stemlokale en persone moes om verlof aansoek doen om te kon gaan stem. Derdens was dit vir baie nie meer belangrik of hul kon stem of nie, want hulle beplan nie om na RSA terug te keer nie.

 

Die dames is ook meer vertel oor die Herstellende Geregtigheidsprogram wat tussen ‘n oortreder en slagoffer gevolg kan word. Misdaad word beskou as ‘n daad teen die slagoffer en gemeenskap. Die idee is om die oortreder te verander om sodoende ‘n herhaling van die misdaad te voorkom. Die proses kan voor die verhoor, tydens die verhoor, voor of na vonnisoplegging geskied. Dit kan tussen die oortreder en slagoffer plaasvind of groepsessies waar albei genoemdes se families ook teenwoordig kan wees. Sodanige proses kan slegs plaasvind indien die oortreder daarna vra en die slagoffer instem. Geen dwang mag plaasvind nie. Ongelukkig is dit ‘n lang en duursame proses en word dit nie baie toegepas nie.

 

SANYO DIGITAL CAMERA

 

Joan Human (kongresafgevaardigde) en Elize Perrin (voorsitter ) met die trofee wat verower is

 

Terugvoer oor die kongres  is deur Joan Human gedoen. Die hoogtepunt vir Victoria-wes was die skild van Verdienstelikheid wat aan hulle  toegeken is. Die toekenning is gedoen na aanleiding van die Paasfeesprojek wat in April geloods is. By die geleentheid is traktaatjies oor padveiligheid en die boodskap van Paasfees aan motoriste uitgedeel.

 

 

Post a comment

nineteen − seven =