Sandveldhuisie-kuier

 

Sandveldhuisie-kuier

Posted by VLV in Citrusdal Tak, News 31 Jul 2014

Sirkel: Weskus

Tak: Citrusdal

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Jolien Mouton

Datum: 30 Julie 2014

 

Ons Juliemaand vergadering is gehou in ons dorp se Museum.  Jolanda Basson van die Sandveldhuisie wys vir ons die stringe krale en materiaalblomme wat sy en haar assistent  Jandré met die hulp van vroue uit Riverview, ‘n plaaslike plakkerskamp, maak.  Die museum is juis die perfekte werkswinkel om hierdie opheffingswerk te doen, omdat dit destyds gebruik is as ‘n gebedskamer vir vroue.  Die produkte word meestal aan Kersmarkte verskaf.

 

Ilse en Marlena Latsky

Ilse en Marina Latsky

 

Jolanda Basson

Jolanda Basson

 

Ilse Oberholzer is ons gasspreker en sy kom demonstreer aan ons haar stokperdjie, piouter.  Piouter word gedoen op sagte metaalvelle wat maklik gevorm en gebuig kan word.  Piouter kombineer goed met ander metale, hout en glas en kan met verf en krale versier word wat ‘n magdom kreatiewe moontlikhede bied.

 

Ilse demonstrasie

 

Ons sluit die middag af met ‘n heerlike koppie koffie en tee in die Sandveldhuisie se gesellige atmosfeer en bedank Jolanda en Jandré vir hul gasvryheid.

Post a comment

fifteen + three =