Samesyn, goedheid en kennis maak WARM

 

Samesyn, goedheid en kennis maak WARM

Posted by VLV in Alexandria Tak, News 20 Jun 2014

Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Dina Erasmus
Datum: 19/6/2014

Dit was `n koue wintersdag.  Die Westewind het gewoed! Maar, Alexandria se VLV-dames mis die Openbare Sake vergadering vir g’n woeste wind nie.

`n Kerkbank het gekreun onder al die pragtige gesiggies van die “trooskussings” vir ons uitreikaksie na die traumakindertjies te Alexandria. Verder was daar Brandy snaps, woordkuns- “Dit het met my gebeur” en blomme ingeskryf onder “Fabrication”. Ons moes blomme van materiaal inkorporeer. Rienie Pretorius het in haar woordkuns, “Dit het met my gebeur” vir ons vertel van Outomatiek, die baba wat op pad na die hospitaal gebore was. Die baba was na die outomatiese motor vernoem.  Die bydraes vir Huis Dias, soos lyfroom, toiletware en ander was baie goed ondersteun.

image.axd-52

Trooskussings vir getraumatiseerde kinders te Alexandria.

Trooskussings vir getraumatiseerde kinders te Alexandria.

Blommekuns – “Fabrication”.

Blommekuns – “Fabrication”.

Ria Schoeman skenk rolle sweetpak materiaal, waarmee daar sweetpakke gemaak sal word vir die kindertjies in Alexandria se Trauma Sentrum.

Tania Kahts van Huis Dias, die ouetehuis te Alexandria spreek ons toe.  Die Tehuis vir Bejaardes het gedurende 1978 ontstaan.  Die ou pastorie was eers gebruik om bejaardes te huisves.  Later het die gemeenskap  betrokke geraak en die bestaande inrigting is opgerig.  Die tehuis kan 56 inwoners huisves.  Tans is daar 48 inwoners, waarvan slegs 22 inwoners `n subsidie van die Staat ontvang. Sommige inwoners verdien slegs `n ouderdomspensioen wat nie die maandelikse bedrag van ±R3 500.00 dek nie.  Hierdie bedrag is per inwoner is minimaal!

Skenkings van klere, niebederfbare voedsel en ander word met dankbaarheid aanvaar.  Daar is steeds behoefte aan skenkings om kleinkas behoeftes te dek.  Die publiek word uitgenooi om betrokke te raak deur besoek te bring om te gesels, voor te lees, of wat die behoefte ook al is.

Tania is besig om `n eetvertrek in te rig vir verswakte inwoners.  Sy vertel ook van `n behoefte om `n vertrek in te rig vir die Demensielyers. Die vertrek sal gevul word met artikels wat hulle kan terugneem na vorige dae in hul lewens. Ons verneem van die aansoek vereistes, asook die regerings voorskrifte om `n Staatsubsidie te bekom. Die tak onderneem om meer betrokke te raak.  Tania sal ons op hoogte hou van sekere behoeftes wat die tak sal aanspreek. Sy neem  trooskussings saam vir die inwoners.

Ons poog almal om by te hou met die tegnologie.  Daarom het George Petzer van Alex nuus, `n man wat al talle posisies beklee het ons kom tou wysmaak om te kan SKYPE. Dit is `n baie bekostigbare opsie om met kinders of familie te gesels wat nie naby genoeg is vir `n koppie koffie nie.  Ons leer dat ons `n “data bundle” gebruik om te kan SKYPE.  Jou rekenaar moet `n “webcam” hê.  Daar word `n program van skylab.com afgelaai.  Die rekenaar kan aan gelos word, dit sal jou inlig as daar iemand is wat met jou wil SKYPE.  Maak eerder `n afspraak met iemand, sodat albei beskikbaar is. Dit gebruik ook minder van die “data bundle” as jy die spraak opsie gebruik i.p.v. die foto opsie. Ons neem kennis van die fantastiese vertaler sagteware wat geskep is. Dit werk so dat, sou jy Afrikaans praat met iemand in Duitsland, word dit direk vertaal, dus hoor die persoon in Duitsland sy eie taal.

George Petzer & Louise van Vuuren van Openbare Sake.

George Petzer & Louise van Vuuren van Openbare Sake.

Ons kry inligting om geposte pakkies op die Internet op te spoor d.m.v  www.sapo.co.za /track & tracings. Dit was `n leersame oggend.  Openbare Sake trakteer ons met heerlike sop en `n broodjie.  Natuurlik was daar sjokoladekoek en koeksisters vir die koffie.

Post a comment

fifteen − seven =