Rooi hoede en harte

 

Rooi hoede en harte

Posted by VLV in Announcements, Uit Die President Se Pen 03 Mar 2012

VLVK President, Erika Lubbe, het Sirkel Weskus se Konferensie op 29 Februarie bygewoon.

 

Sirkel Weskus het hul tagtigste bestaansjaar tydens die konferensie te Langebaan gevier. Dit was ‘n fees uit die boonste rakke. Die uitnodiging was duidelik: Rooi hoed en harte Konferensie en dit was dit inderdaad. Daar was alle soorte harte denkbaar en die dames het rooi hoede van alle fatsoene en groottes opgehad!

Selfs die program was ‘n hart!

Erika Lubbe saam met Agbare Raadslid Rosil de Jager van die Saldanhabaai Munisipaliteit. Sy het gepraat oor Bou ‘n brug met welwillendheid. Sy is VLV baie goedgesind!

Aan die einde van die Konferensie is ‘n vriendekring gevorm en almal het saamgesing: Sal ons ou Kennisse ooit vergeet? Dit het tog ‘n traan in die oog gebring!

Mev. Marinda Rall, Sirkelpresident van Sirkel Paarl, saam met afgevaardigdes van Sirkel Weskus.

Lede van die nuutgestigte VLV-tak: Vroue van Môre Piketberg het  ook die Konferensie bygewoon.

Van links: Nettie Owies, Lea Pedro en die sekretaresse: Elsabé van Wyk.

Post a comment

fifteen + seventeen =