Rolbal in Mosselbaai

 

Rolbal in Mosselbaai

Posted by VLV in SIRKEL NUUS 09 Nov 2014

Sirkel:  SWD

Beriggewer:  Sandra Nolte

Datum:  9 November 2014

 

 

sirkel swd 4

Emsie Marx van Herbertsdale, die organiseerder van die dag

 

 

Die VLV-jaar is op ‘n sonnige en gesellige wyse afgesluit met ‘n “Rolbal kompetisie”.

 

 

sirkel swd 1

Luelza Barnard, Lettie, Anita Fourie, Madelein Kasselman – Diepkloof

 

 

Die volgende takke het spanne ingeskryf:  Diepkloof, George, Hartenbos, Herbertsdale, Ruiterbos, Sedgefield en Voëlvlei. Die verskillende takke se ondersteuners was duidelik hoor- en sigbaar langs die baan.

 

 

sirkel swd 2

Suzanne Jonker, Mareé Muller, Emsie Marx, Riana de Jager – Herbertsdale

 

 

Die uitslae is soos volg:

Vierde – Diepkloof

Derde – Voëlvlei

Tweede – Herbertsdale

Eerste – Sedgefield

Die besgeklede span – Sedgefield

 

 

sirkel swd

Coreen Taljaard, Johlene Muller, Linzetta Smit, Elmarie Engelbrecht – Voëlvlei

 

Daar was natuurlik ook “boete-pryse”:

Die skip van Sedgefield, Gerda van die Westhuizen, het te veel geraas op die baan;

Madelein Kasselman van Diepkloof het gesit op die baan;

Coreen Taljaard van Voëlvlei en Marié Terblanche van Ruiterbos het die bal te kort gespeel;

Suzette van die Merwe van Ruiterbos het te stadig gespeel;

Suzanne Jonker van Herbertsdale het iets gesê wat effe onvanpas was, en

Emsie Marx van Herbertsdale het die wit bal gespeel.

 

 

sirkel swd 3

Ena Oosthuizen, Rina de Leur, Gerda van der Westhuizen, Fransie Stewart – Sedgefield

 

Post a comment

15 − 13 =