Rocklands hou intertak

 

Rocklands hou intertak

Posted by VLV in Rocklands Tak 16 Oct 2014

Sirkel: Middelland
Tak: Rocklands
Portefeulje:  Gesondheid
Beriggewers: Mari Hendriks en Gretha Schoeman
Datum: 16 Oktober 2014.
 
Rocklands hou Intertak saam met Aqua, Hercula & Kragga Kamma. Helen Crouse, ere-Sirkelpresidant, Lynette Martin, Sirkelpresident, en  die Beskermvrou, Aneen de Jongh maak deel uit van die gaste.
 

rocklands1

 
“Cafe du Paris” was ons vorige voorsitter, wyle Itha Opperman, se droom. Sy het gedurende Mei 2014 haar stryd teen kanker verloor.
 

rocklands4

 
Rudi Britz speel kitaar met ‘n Franse smakie en ons eie Jeanetta Gerber sing saam!
 

rocklands5

 

 

Maria Dodd lees vir ons ‘n komiese artikel deur Johnny-one-fish wat gereeld in die Grootbrak koerantjie verskyn.
 

rocklands

 
Ons gasspreker is, Jeanne Nel.  Sy gesels oor hoe sy ‘n Reiki terapeut geword het.

Twee van ons lede, Gretha Schoeman en Kwikkie Pretorius vertel van hul betrokkenheid by ‘n Xhosa Skool, Yellowoods Sekondêr, in die Witteklip omgewing. Verskeie mense van die omgewing het ‘n positiewe bydrae gelewer om die skool te ondersteun.
 

rocklands2                                 rocklands3

 
Lize Dodd, ‘n bekende kunstenaar in die Oos Kaap en inwoner van Elandsrivier, het haar skilderye tentoongestel en ook geskilder gedurende die verloop van die vergadering ten einde die atmosfeer van “Cafe du Paris” vas te lê.
 
Hercula ontvang die trofee vir die mees uitstaande item by Intertak. Rocklands 1e plek, Kragga Kamma 2e & Hercula 3e plek.

Post a comment

3 × one =