Rockland sluit af

 

Rockland sluit af

Posted by VLV in Rocklands Tak 20 Nov 2014

Sirkel:  Middelland
Tak:  Rocklands
Portefeulje:   Afsluiting vir 2014 en beker uitdeling
Beriggewer:  Mari Hendriks
Datum: 20 November 2014

 

rocklands3

 
Die jaar het aan sy einde gekom en Rocklands tak hou prysuitdeling en sluit die jaar af op ‘n hoë noot.

 
Rocklands1

 
Die lang tafel is pragtig gedek met Kersfees as tema. Elize Stoltz sing vir die lede ‘n paar mooi liedjies, waarna die voorsitter, Sue Henning, vir almal wat 1000 punte of meer verdien het deur die jaar, teelepeltjies uitdeel.

 
rocklands

 
Die bekers word uitgedeel. Die wenners is: Susan Mostert, wenner van: Gebottel, gebak, naaldwerk, brei/hekel en blommekuns. Daleen Prideaux ontvang die beker vir kuns/handvlyt. Kay Jones ontvang die beker vir Uit my tuin/tuis gekweek.

 

 

rocklands2

 

Die lede wat elke vergadering deur die jaar bygewoon het kry elkeen ‘n sertifikaat vir getroue bywoning. Dit is: Kay Jones, Irene Meiring, Shirley Botha, Mariaan Barnard, Doreen Mostert en Tienie Strydom.

 

Die eienaar van Slipperfields (waar die vergaderings gehou word) , Jana van Eyk, word bedank en Sue Henning oorhandig ‘n pragtige orgideë aan haar. Elke werker wat elke maand alles regkry en opruim na die tyd, ontvang elkeen ‘n geskenkpak.

 

Die dames ruil geskenkies uit en kuier lekker saam terwyl hulle tee drink en heerlike versnaperinge geniet.

 

Die lede is oorgehaal vir 2015 se VLV.

Post a comment

7 − 3 =