Rig jou na die buitenste ruim

 

Rig jou na die buitenste ruim

Posted by VLV in News, Wellington Tak 23 May 2014

Sirkel: Paarl

Tak: Wellington

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Juanita Loubser

Datum: 22 Mei 2014

Square Kilometre Array of soos ons hom ken SKA, die grootste radioteleskoop ter wêreld wat op eie bodem opgerig word . SKA = die vierkante kilometer afstand versprei oor verskillende landsgrense waarop die 64 skottels van 26m in deursnee opgerig gaan word.

Die eerste een is reeds voltooi 150 km buite Carnarvon. Waar ook ‘n vliegveld met aanloopbaan is , die seinverwerkingsgebou is naby aan voltooi daar en dit is ’n radio-stil gebied waar die infrastruktuur reeds in gebruik is.

 

Die verskil tussen ‘n radioteleskoop en ‘n optiese teleskoop is dat eersgenoemde dui op skokgolwe, materie wat teen hoë spoed beweeg. Dit kan beide in nag en dag hemelruim waarneem en neem gasse waar. Daarteen kan ‘n optiese teleskoop (wat die blote oog kan sien) net swart en wit in nag sien en nie kleur soos radioteleskoop nie. Radioteleskoop is meer akkuraat dag en nag. Let wel die een vervang NIE  die ander nie, maar hul is komplimentêr tot mekaar

 

Optiese teleskope is soos die een waarmee jy en jou familie sterre kyk, Die Teleskoop in Kaapstad, Hubble teleskoop in buitenste ruim en SALT by Sutherland.

 

Reeds bestaande radio teleskope is in Greenbank, Engeland of Alma in New Mexiko , maar SKA gaan die grootste nog wees. Dit gaan groter beelde kan waarneem as enige ander teleskoop nog op een slag. Hierdie radioteleskoop gaan oor 3000km ,opgedeel in verskillende skottels, in lande soos Ghana, Namibië, Mauritius, Mosambiek, Botswana en vele ander.’n Versameling van 3000 skottels in totaal. ½ van die skottels op ‘n sentrale punt(oog) in ‘n radius van 5km buite Carnarvon. Hierdie projek moet opgerig wees binne +/- 20 jaar.

Gefinansier deur veel lande oor die wêreld is hierdie ‘n groot positiewe ontwikkeling in Suid-Afrika en daar kan meer akkurate metings gedoen word van die buitenste ruim. Dit op sigself is weer ‘n praatjie op sy eie.

 

Meer info oor SKA is by Facebook: SKA Suid Afrika of www.skatelescope.ac.za

 

Elmarie van Heerden het ons omtrent gelaai met nuwe antwoorde en baie insig oor SKA.

Op hierdie buitenste ruim noot en gelaai met honderde inligting kuier ons klomp lede warm, warm saam om ‘n marktafel met vars plaaslike produkte en ‘n liplekker teetafel.

 

Helena Taljaard,  Marion Swanepoel, Elmarie van Heerden(spreker), Esmé van Rooyen, Doreen Kotze, Marina Hancke, Mariska van Rensburg en Dawn Greyling.

Post a comment

three × 1 =