Raak ontslae van plastiek

 

Raak ontslae van plastiek

Posted by VLV in Despatch Tak, News 14 Jun 2019

Sirkel: Middelland

Tak: Despatch

Studierigting: Openbare Sake

Beriggewer: Moniques Bùchner

Datum: 10 en 11 Junie 2019

 

Die dames van  Despatch VLV het opgemerk dat die area rondom die Munisipale kantore besaai is met plastiekbottels, papiere en koshouers. Die VLV se projek vir 2019 is: Plastiek, ons vyand, en hulle het toe besluit om iets daaraan te doen. Maandagoggend, 10 Junie, het hulle gegaan en die rommel opgetel en die area mooi skoongemaak.

 

Moniques Büchner, Takvoorsitter, Juby Bubb-Vermaak en Heidi Alberts hard aan die werk

 

Juby en Heidi

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Juby Bubb-Vermaak

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Heidi Alberts

 

Die dames is trots op wat hulle vermag het

 

Die terrein weer netjies skoon

 

Ook as deel van die projek, het VLV Despatch 50kg bottelproppies op 11 Junie afgelewer by Despatch Biblioteek. Die biblioteek versamel al vir meer as 2 jaar proppies en het reeds ‘n tweesitplek bankie ontvang vir hul toewyding tot hierdie projek.

 

Moniques Büchner, links en Heidi Alberts, tweede van regs, saam met die dames van die biblioteek.

 

Moniques Büchner, links en Juby Bubb-Vermaak, tweede van regs, saam met die dames van die biblioteek met al die plastiekdoppies wat hulle bymekaar gemaak het.

 

Die groen bankie het die biblioteek ontvang vir hul deelname aan die projek om die plastiekdoppies bymekaar te maak.

 

Heidi, Moniques en Juby ontspan op die bankie voor die biblioteek.

Post a comment