Prieska sluit af

 

Prieska sluit af

Posted by VLV in News, Prieska Tak 25 Oct 2017

Sirkel: Noordwes-Kaap

Tak: Prieska

Beriggewer: Erika Lubbe

Datum: 25 Oktober 2017

 

 

VLV Prieska het op Woensdag, 25 Oktober 2017, hul afsluitingsvergadering op die plaas van Johan en Jacobie Botha net buite Prieska gehou.

 

 

 

 

 

 

 

Ds. DJ Muller, plaaslike leraar, het met ’n Kersprogram geopen en sy pragtige sang, wat ingesluit het: Little drummer boy’, O kom, O kom, Immanuel en Stille Nag; sy voorlesing van Nataniël se Hierdie Kersfees en ook ons samesang van Welkom, o stille nag van vrede, het ons ’n kosbare, vroeë Kersfees laat beleef.

 

 

Ds. DJ Muller open met Kerssang

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

’n VLV-lid wat ook die plaaslike fisioterapeut is, Lizahn Esterhuizen, vertel dat daar verskeie  wanpersepsies oor die herstelprosesse van die liggaam bestaan. Sy verduidelik verder dat veral fisioterapeutiese behandeling in die geval van verwysde pyn van groot nut is. Die glybewegings wat ’n fisioterapeut op die senuwee toepas, verbeter die aksioplasmatiese vloei binne die senuwee wat verminderde pyn en verminderde styfheid tot gevolg het. Dit is veral van toepassing in die geval van verwysde pyn in die arms of bene, naaldprikkels (neurologiese simptome) of meganiese pyn.

 

Spreker: VLV-lid en fisioterapeut, Lizahn Esterhuizen, aan die woord

 

 

 

Daarmee saam moedig sy Pilatesoefeninge, wat deur Joseph Pilates ontwikkel is, aan. Pilates het hierdie metode tydens die Eerste Wêreldoorlog ontwikkel met die doel om die herstelprosesse (die versterking en verbetering van die spiere) van die liggaam van gewonde soldate te verbeter. Hy was oortuig daarvan dat ’n mens se liggaamlike en geestelike gesondheid onlosmaaklik met mekaar verbind is. Hy het dus Pilatesoefeninge ontwikkel met die klem op presiese, gefokusde en gekontroleerde bewegings.

 

Die voordele wat Pilatesoefeninge bied is, o.a.: die bevordering en verbetering van:

  • die soepelheid van spiere
  • jou asemhaling
  • jou balans
  • jou fokus
  • jou kontrole en beheer van die oefeninge
  • ’n goeie postuur
  • fiksheid,
  • die versterking van spiere, die bekken en die buik.

 

 

 

 

 

 

 

 

Taksekretaris, Lulu van Wyk, ontvang ‘n geskenk vir 100% teenwoordigheid hierdie afgelope boekjaar

 

 

 

 

 

 

 

 

V.l.n.r.: Lulu van Wyk, Taksekretaris; Samantha Walters; Marazaan van Jaarsveld en op haar skoot, Mareli van Jaarsveld

 

7 lede ontvang ’n geskenkie vir slegs een keer afwesig met verskoning. (Liz-Maré Lubbe wat afwesig is)

Voor v.l.n.r.: Jacobie Botha, gasvrou en Taksaamroeper van Opvoeding en Kultuur; Theresa Swart, Taksaamroeper van Leefstyl

Agter v.l.n.r.: Takvoorsitter, Corrie Liebenberg; Anel Liebenberg, nuutverkose Taktesourier; Landi de Beer, Takvisevoorsitter; Karen Greyling, uittredende Taktesourier

 

Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, oorhandig ’n VLV-Kaapland Roosblikkie aan Theresa Swart wat eerste pryse vir soetkoekies en broodrolletjies tydens die Konferensie van Sirkel Noordwes-Kaap op 17 Maart 2017 verower het

 

Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, oorhandig as dankbetuiging ’n VLV-Kaapland Roosblikkie aan Karen Greyling, uittredende Taktesourier, wat die tuig na byna 12 jaar neerlê.

 

V.l.n.r.: Celia Tredoux en Cecilia Jacobs

 

  • Christo Loots November 13, 2017 at 2:31 pm / Reply

    My hart klop sommer warm. Julle maak en is so prastig.

    Darso grootgeraak in die 60’s op die plass de Jagersvlei by Karabee Siding.

Post a comment

four × two =