Praktiese idees om rommel te omskep in bruikbare artikels

 

Praktiese idees om rommel te omskep in bruikbare artikels

Posted by VLV in Goodwood Tak, News 21 Aug 2019

Sirkel: Tygerberg

Tak: Goodwood

Portefeulje: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Alet Colyn

Datum: 20 Augustus 2019

 

Een van ons tak se talentvolle lede, Feesia Marais, was die spreker by hierdie vergadering.  Sy het op ‘n baie slim manier doodgewone herwinningsmateriaal in nuttige gebruiksartikels omskep, bv. i.p.v  lapverf kan jy vetkryt of pastelle gebruik en op 2 lae bruinpapier daaroor stryk, en siedaar!

Hekel of brei omhulsels vir bekers om die inhoud warm te hou;

Beskilder blikkies;

Plaas ‘n glasskerm in ‘n tunablik vir ‘n kershouer;

Maak figuurtjies met lugdroogklei;

Verf klippe en gewone planthouers;

Maak jou eie “wonderbag” deur selfgemaakte kussinkies in ‘n koelsak te sit.

 

Die lys is eindeloos en die moontlikhede legio!

 

Herwinde artikels.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Feesia Marais (spreker).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Een van ons tak se uitreikprojekte hierdie jaar was om vir die Alta du Toit-skool skooltruie te brei.  Die lede het ook serpe en handskoene gebrei en ‘n skenking is gemaak om vir die seuns en dogters onderklere te koop.

 

Post a comment