
Praktiese Gesondheidswenke
Sirkel: SWD
Tak: Kleinbrak-Rivier
Beriggewer: Lydie Terblanche – 082 928 5624
Portefeulje: Gesondheid
Datum van vergadering: 27 Maart 2018
Hoogtepunte van ‘n heerlike Kleinbrak-Rivier vergadering
Dinsdag 27 Maart het die kompetisie-tafels behoorlik gekreun onder ʼn rekordgetal (51) inskrywings! Die uitstekende uitslae is té veel om op te noem ons moet maar volstaan met die wenner (90%) van die kombuis-kruie kompetisie.
Dee Disney, sameroeper van die Gesondheidsportefeulje en haar flinke span, het ʼn heerlike, propvol middagprogram beplan.
Lynette Nel het blou strikkies aangespeld vir kolonkanker-bewustheid.
Voorsitter, Hester Krige, het sommer so vinnig gewys hoe groente afval (sy het seldery gebruik), herwin kan word.
Sharné de Wet het besigheidskaartjies uitgedeel vir ‘n gratis Pilates klas
Dr. Arnike Redelinghuys, Homeopaat, gesels oor outo-immuun siektes.
Vir meer kan mens nie juis vra nie – behalwe natuurlik om die lootjie vir vise-voorsitter, Engela Buys, se onweerstaanbare sjokoladekoek te wen!
Lydie Terblanche se weninskrywing vir kombuiskruie
Sharnè de Wet bied Pilatusklasse aan
Dee Disney (regs) en Dr Arnika Redelinghuys
Kweek nuwe seldery van gekoopte afvalstukke
Blou strikkies vir kolonkanker-bewusmaking
Engela se fantastiese sjokolade koek.