“Pour Paint” is hoogmode

 

“Pour Paint” is hoogmode

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 11 Apr 2019

Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Leefstyl

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 10 April 2019

 

Elize Oosthuizen het haar praatjie opgedeel in 1. Lekker kos, 2. Mooi huis en 3. Modieuse klere.

 

Lekker kos: Verlede jaar was die jaar van spysverteringsvriendelike kosse, geaktiveerde houtskoolroomys, Pokebakkies (‘n tipe sushi), en Reënboog-Alles! ‘n Paar nuwe eetgoed waarna ons vanjaar kan uitsien is: a) Sampioene (daar was ‘n sampioentert ook vir teetyd!), selfs as bestanddeel in sjokolade-nageregte en in koffiedrankies. b) Beesstert; c) Pegan kosse – deels Veganisties (van plante), deels Paleo/Steentydperk (maer vleise, vis, vrugte, groente, suiwel, olies van olyf & klapper, neute en sade) ;  d) Hawermelk as suiwel-alternatief; en e) Tuisgemaakte konfyte.

 

Mooi Huis: Die volgende is gewild : a) Geverfde vloer/muurteëls – sommer bo-oor jou bestaande teëls met ‘n stensil, regte verf en ‘n seëlaar. b) Tekstielkuns – soos die outydse Macramé-muurbehangsels, en gedrukte of geweefde prente. Dit gee tekstuur aan ‘n muur. c) Kontemporêre vuurmaakplekke – Kies tussen binne/buite en hout/gas/steenkool/elektries. d) Bordkrytkuns is glad nie duur nie en maklik om te verander as jy wil. e) Akriel “Pour Painting” is ‘n tegniek wat enigiets interessant laat vertoon. Lae verf van verskillende kleure word oor mekaar gegooi en dit loop dan deurmekaar om ‘n fantasie van kleure en vorms te gee. Die tak beplan om by die volgende vergadering hierdie tegniek te oefen! f) Tin is klaar in patrone gedruk en word opgesit waar verkies word, bv. teen jou dak of teen “spat”-mure in die kombuis. g) Keramiek is altyd ‘n wenner hetsy as ornamente of ‘n eetstel, en kan ook buite gebruik word. h) Muurpapier is baie gewild, maar baie duur. i) Geometriese patrone geverf op mure kan met ‘n stensil of jou eie idees gedoen word. j) Kleur – Mosterdgeel is die in-kleur vanjaar!

 

Mooi Klere:  Gewilde kleure is ‘n lewendige koraalkleur en salmpienk. Die vroeëre bottelgroen word vanjaar vervang met ‘n sagte saliegroen.

 

MAAR: Vind wat vir jou werk en waarmee jy gemaklik voel – dan sal jy stylvol en met selfvertroue veilig voel in wat jy aantrek en hoe jy jou omgewing vir jouself mooi maak!

 

Elize Oosthuizen aan die woord. Let op haar interessante “rangskikking” met paaseiers!

 

 

Post a comment