Potpourri

 

Potpourri

Posted by VLV in News, Vredendal Tak 14 Aug 2014

Sirkel :   Namakwaland

Tak :   Vredendal

Beriggewer :   A Beelders

Datum :  14 Augustus 2014

 

 

Vredendal VLV – lede het by ‘n vergadering hul stokperdjies kom wys.  Die verskeidenheid belangstellings en kundigheid was asemrowend.

 

vredendal

 

Sonia Horn het stokhekelwerk kom demonstreer en die mooi armband gewys wat sy die vorige aand op die ingewing van die oomblik gemaak het.

 

Christine en Mariana van Niekerk van Bitterfontein het die ingewikkelde proses van kloskant kom demonstreer en die ongelooflike mooi resultaat daarvan.

 

 

vredendal2

 

Sanet Ras, takvoorsitter,  het haar naald –  en breiwerk artikels vir die VLV beoordeelaars kursus ten toon gestel – elkeen ‘n wenner.  Veral die kindertruitjies met Switserse borduurwerk en ingebreide patrone was baie interessant en mooi.

 

Sophie Malan het kruissteek borduurwerk vertoon en verduidelik hoe ‘n borduurraam dit vergemaklik.

 

vredendal1

 

Nonnie van Wyk maak die mooiste kersfeesballetjies van afvalstukkies materiaal.

 

Rita Eitner het wenke gegee vir die maak van verskillende tipes tertkorse en die maak van die Kitke brood, waarvan sy ‘n voorbeeld gehad het.

 

 

Koos Coetzee van Vanrhynsdorp het verstom met sy versameling blink gepoleerde halfedelstene en klippe asook ‘n versteende houtbal en ‘n skulpfossiel.  Hy wys ook twee van sy mooi skilderye met Namakwaland koppies op hul mooiste.

Mense wat so met hul hande kan toor, ken seker geen verveelde oomblik nie, was onwillekeurig die reaksie op al die mooi goed.

 

Post a comment

2 − one =