Potpourri-vergadering bied iets vir elkeen

 

Potpourri-vergadering bied iets vir elkeen

Posted by VLV in Murraysburg Tak, News 10 Oct 2012

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Murraysburg

Beriggewer: Mette Kromhout

Datum: 10 Oktober 2012

 

Die potpourri-vergadering van 10 Oktober op Murraysburg (Sirkel Noord-Karoo)  het werklik iets interessant vir elke teenwoordige gebied.

 

Ten aanvang het Janet Kingwell die dames danksy haar mooi foto’s en sinvolle kommentaar op ‘n heerlike toer na Amerika geneem.  Aangesien sy self skilder, kon sy in haar foto’s die essensie van ‘n toneel vasvang en brûe, geboue en selfs parke, wat danksy televisie aan die meeste bekend is, het deur Janet se foto’s ‘n eie persoonlikheid gekry.

]Aldus Janet het hulle baie gesien en beleef, maar hulle besoek aan die Amish gemeenskap, wat uit eie keuse sonder geriewe en elektrisiteit afgesonder lewe, het ‘n besondere indruk op haar gemaak.

Die veelsydige Janet Kingwill het nog baie pret verskaf toe sy die dames geleer het om uit ou boeke die mooiste papierrosies te maak. Aangesien sy die nodige papier en ‘n klompie skêre byderhand gehad het,  het die handvaardiges hul geluk probeer. Elke deelnemer kon ‘n roos vir haar moeite wys, al was hulle dan nou ook nie heeltemal so delikaat soos Janet s’n nie!

Die mooie Irene du Preez van Somerset-Oos, ‘n toonbeeld van jeug en gesondheid, was net die regte persoon om die natuurlike vitamienaanvullers, wat deur die Mannatech- maatskappy vervaardig word, bekend te stel.

Die Ambrotose dieetaanvullings is die eerste produkte wat slegs plantaardige glikovoedingstowwe, en geen sintetiese namaaksels nie, gebruik. Dit is wetenskaplik bewys dat hierdie aanvullings onderlinge selkommunikasie in die liggaam versterk, kognitiewe funksies en geheue verbeter, konsentrasie bevorder, die aandagspan verleng en tot ‘n positiewe gemoedstemming bydra. Boonop versterk dit die immuniteitsisteem sowel as die spysverteringstelsel.

 

Daar was baie deelnemers aan die wortelkoekkompetisie, waarvan die wenners Mette Kromhout, Theresa Troskie en Hannelize van Heerden was.  Deelname was  pret en die lede geniet dit om bymekaar te leer.

Post a comment

13 + two =