Porterville skop af met ‘n “bang”

 

Porterville skop af met ‘n “bang”

Posted by VLV in News, Porterville Tak 02 Feb 2018

Sirkel:  Weskus

Tak:  VLV Porterville

Beriggewer:  Louwna Hoving,

Datum:  1 Februarie 2018

 

 

KOELIE KOELSOEM EN FLORI SCHRIKKER TREK ‘N VOLSAAL MET OPENINGS-VERGADERING 

 

 

 

VLV Porterville spring met ‘n “bang” weg toe die gewilde Koelie Koelsoem en Flori Schrikker van Kook Saam Kaaps-faam die tak besoek.  Elke lid moes ten minste 2 kaartjies verkoop en ‘n beloning is gegee vir die lid wat die meeste kaartjies verkoop.  Die gevolg was dat ons ‘n volgepakte saal met bykans 200 gaste gehad het en sommer agt nuwe lede bygekry het!

 

 

 

 

Toegangskaartjie

 

 

 

 Saal met opgewonde dames

 

 

 Die verhoog was getooi om ‘n heerlike saamkuier te verseker.

 

Mary-Ann van Schalkwyk, Voorsitter, het die gesprekvoering begin met Tannie Koelie en Flori en daarna feitlik nie ‘n woord ingekry nie!

 

Dié twee het almal teenwoordig laat skaterlag met al hulle kwinkslae, maar terselfdertyd het hulle ook diep in almal se harte ingekruip omdat hulle, te midde van hulle gewildheid, steeds nederig gebly het en ons meegedeel het hoeveel empatie hulle het met hul medemens, veral kinders wat verhonger en in verwaarlosing is.  Hulle beskou dit as ‘n groot voorreg dat hulle die geleentheid kry om uit te reik na mense om hulle.  Hulle het bekendheid verwerf met die twee kookboeke, Kook Saam Kaaps en Soettand wat hulle saamgestel het.

 

Die gaste was bevoorreg om Bollas, ‘n tradisionele lekkerny, wat hulle saamgebring het, te proe.  Samoesas, gevulde eiers en eclairs is ook voorgesit.

 

Die Tak was ook bevoorreg om ons Sirkelpresident, mev. Estelle du Plessis as ‘n gas te hê.

 

 Mary-Ann van Schalkwyk, Flori Schrikker, Estelle du Plessis en Koelsoem Kamalie.

 

 

 

 

Twee klavierduette het ook luister aan die geleentheid gegee.

 

 

Louwna Hoving en Willemien Burger

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Phillip Steynberg en Dean Wasserfal word bedank vir hulle bydrae in die breë gemeenskap van Porterville, maar veral Phillip se behulpsaamheid met die VLV se inligting wat hy op die plaaslike webtuiste van die dorp plaas.

 

 

Mary-Ann van Schalkwyk oorhandig aan Phillip Steynberg ‘n blykie van waardering.

 

 

 

 

 

Die bestuur wat verantwoordelik was vir die heerlike oggend.

 

Lydia Liebenberg, Estelle Odendaal, Hedwig Schoch, Estelle du Plessis (Sirkelpresident), Joey Koen, Lariska Verster, Louwna Hoving, Ray Wilton

Voor:  Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter), Flori Schrikker en Koelsoem Kamalie (Gaste)

Post a comment

2 × 5 =