Porterville leergierig, maar ook goedhartig

 

Porterville leergierig, maar ook goedhartig

Posted by VLV in News, Porterville Tak 08 Aug 2014

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer:  Louwna Hoving, lhoving@telkomsa.net

Datum:  7 Augustus 2014

 

Alrika Pretorius, eienaar van Scrap ʼn Biki, Paarl, leer lede meer oor Scrapbooking, asook

die maak van kreatiewe groetekaartjies.  Scrapbooking het reeds in 1825 begin toe mense

stukkies materiaal en voorwerpe versamel het as herinnering aan gebeurtenisse.  In 1980

het dit herleef, veral in Amerika, en is vandag die vinnigste groeiende stokperdjie wat wê-

reldwyd beoefen word.  Foto’s word saam met ander materiaal op ʼn kreatiewe manier ge-

bruik om ʼn hele insident of storie vas te vang.  Maak gebruik van Scrapbooking om al

daardie los foto’s in die laai/boks te benut om ʼn storie te vertel en so mooi herinneringe na

te laat.  ʼn Verskeidenheid van papier (effekleurig en bont) word saam met die foto’s ge-

bruik om ʼn spesiale effek te skep.  Dit is belangrik om suurvrye gom te gebruik –

doublesided tape werk baie goed.  Bewaar alle afvalpapier, al is dit klein stukkies, want dit

kan weer gebruik word.  Sy wys die verskillende apparate wat met Scrapbooking gebruik

word soos ʼn snymasjien, ʼn spesiale bosseleermasjien en ponsmasjiene om verskillende

vormpies, bv. blommetjies uit te druk.   Sy gee aan elke lid ʼn sakkie met die materiaal wat

nodig is om ʼn groetekaartjie te maak.  Dit bevat juis afvalpapiertjies om te wys hoe dit

nuttig gebruik kan word.  Die maak van die kaartjie vind groot byval by die lede.

 

1

Alrika Pretorius en Hessie Kühl (Kunste & Handvlytsaamroeper.

 

Lede het ruim bygedra tot die Armoede-Projek.  Speelgoed, ‘n muurbehangsel en bakkies

met lekkers is aan die SAPD-traumakamer oorhandig.  Klere, bedsokkies, linneware en

toiletware is aan die ACVV,  CBC en Lapa Munnik Hospitaal oorhandig om aan behoeftige

persone uit te deel.

 

2

Cecile Visser, Milda Lambrechts en Mardene Kallis maak hul groetekaartjies.  In die agtergrond kan die Armoede-projekartikels gesien word.

 

3

Mary-Ann van Schalkwyk (Voorsitter), Rosetta Frans en Caroline Nagel (Hospitaalverteenwoordigers), Kokkie Albertyn Gesondheidsaamroeper, Sersant Cedras (SAPD-traumakamer) en Hester Burger (Openbare Sakesaamroeper).

 

Nuttige wenke is ook deur die Leefstylsaamroeper, Lydia Liebenberg gegee:

  • Smeer ʼn bietjie parfuum aan gloeilampe en versprei so ʼn lieflike geur deur die vertrek sodra die lig aangeskakel word.
  • Verfris ou handdoeke deur dit in warm water met asyn te was en dan weer in warm water met koeksoda. Dit raak so ontslae van ou wasmiddels, maak handdoeke weer absorberend en laat dit vars ruik.
  • Om ontslae te raak van visreuke wat kleef, voeg vanieljegeursel by die skottelgoedwater.

 

Uitstallings van skilderye (Karien Jordaan), ʼn verskeidenheid van fotorame (Jonda Jordaan), houtwerkartikels (Ockie van Schalkwyk) en trofeë (Ludwig Behm) kon besigtig word.

 

4

Anita Odendal ontvang die donasies aan die ACVV van Hester Burger (Openbare Sakesaamroeper).

Post a comment

20 − 5 =