Porterville besoek bessieplaas en sluit af

 

Porterville besoek bessieplaas en sluit af

Posted by VLV in Porterville Tak 06 Nov 2014

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje: Landbou en Tuinbou

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  6 November 2014

 

porterville2

 

Mnr. Gielie Hanekom, Ontwikkelingsbestuurder van Dreammaker Fruits, neem die lede op ‘n interessante toer met hulle bus na hul bessieplaas.  Die hele proses van die uitleg, aanplant, besproeiing, oes verpakking en verkoeling van bloubessies word verduidelik.

 

Die klimaat bo-op die berg is ongeveer 10 grade koeler as op die dorp is en daarom moet spesiale warmlugblasers ingespan word om die tonnels te verhit.  Die plukproses is baie duur omdat die bessies een vir een gepluk word soos hulle ryp word en gekontroleer moet word vir moontlike wurmpies.  ‘n Bessietros word tot tien keer gepluk.

 

 

porterville3

 

Die pad na die plaas bo-op die berg is ‘n riller en die bekwame bestuurder van die bus verdien spesiale vermelding.  Die senuwees het maar geknaag toe ons oor twee baie nou brûe moes ry.

 

Middagete in ‘n piekniekstyl is op die oewer van ‘n reuse dam gehou en die uitsig was pragtig.

 

porterville1

Marianna Coetzee, Penny du Bois, Wena van der Merwe en Eleanore  Grobbelaar (ons jonger lede), klink ‘n glasie op die Tak se 85ste verjaarsdag.

 

Die jaarlikse afsluiting van die tak is op Laatson, ‘n gasteplaas gehou.  Die tak het ook tydens hierdie geleentheid hul 85ste bestaansjaar gevier en ‘n heildronk word deur die voorsitter ingestel.

 

porterville

 

Johan Myburgh tree as sanggaskunstenaar op.  ‘n Powerpoint-aanbieding met die tema: Seënbede vir die dag met Amazing Grace as agtergrondmusiek vir die opening en die tema: Geloof, hoop en liefde as afsluiting, het groot byval gevind.

 

Diensjaarkentekens, erkenning aan sewe lede met 100% bywoning en trofeë aan die kompetisiewenners word oorhandig.  Die Geheime Vriendinne word bekend gemaak en daar   na geniet lede ‘n heerlike ontbyt.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

three × 4 =