Portefeuljes span saam vir ‘n baie insiggewende vergadering

 

Portefeuljes span saam vir ‘n baie insiggewende vergadering

Posted by VLV in News, Strand Tak 22 Jan 2020

Sirkel:  Kaapstad

Tak: Strand

Beriggewer:  Erna De Waal

Datum:  21 Januarie 2020

 

‘n Pot Pourri Oggend:

 

Strand Tak het die jaar ge-open met ‘n heerlike allegaartjie van vyf portefeuljes. Die Sameroepers het die opdrag gehad om oor hul portefeuljes te praat.

 

Landbou en Tuinbou: Spekbome

Die gonswoord van 2019/20 is die spekboom. Ek glo daar is min van ons wat nie as kinders iewers met ‘n spekboom te doen gekry het nie en van sy blare geëet het nie! Die spekboom, die bekende

Oos-Kaapse struik, kan tot 2m in hoogte en breedte groei. Dit is inheems, waterbesparend, kan uiterste klimaats toestande uitstaan en het voedingswaarde soos vit c, mangaan en magnesium. Dit word ook deur wild en vee geëet. Die spekboom staan ook onder andere as die Olifantbos bekend. Die wortels keer grond-
erosie en verbeter ook die gehalte van die grond. Spekbome kan tot 200 jaar oud word. Spekbome absorbeer die meeste koolstof vir die grootte van die blare en omskep dit in suurstof – iets wat ons

bitter nodig het! Daar is boere en kinders op plase wat dit hul taak gemaak het om derduisende spekbome te
plant. Een boer mik om ‘n miljoen spekbome teen 2015 te geplant het.  ‘n Jong seun het gedurende die eerste 3 weke van sy Desembervakansie 750 bome geplant. Sedert September 2019 het hy reeds 4000  bome gepant. Christiaan is ons land se jongste globaleverwarming ambassadeur!

 

Die kweek van al die spekbome is aan entrepreneurs oorhandig. So is daar werkskepping aan baie mense wat niks gehad het nie, bewerkstelllg. In Somerset-Wes, is daar ook die Plant-a-Spek at Radloff Park- projek.

 

Opvoeding en Kultuur: Onderwys

  1. 1. Die Uitvalkoers by matrikulante is skokkend soos wat ons nou pas gesien het. Daar word gespog met meer as 80% slaagsyfer by Matrieks. Afknouery, vandalisme, dwelmmisbruik en diefstal kom gereeld voor in A. se skole en belemmer leerkultuur. As ons egter na die Uitvalkoers en die Deurvoerkoers kyk, dan sien ons dat slegs 38% van die graad 1’s van 12 jaar gelede, wel Matriek gemaak het.
  2. 2. Seksvoorligting: Toe ek die eerste artikels in die koerant hieroor sien, het ek net rooi gesien. Die lewe het baie verander. Enige feit wat jy nodig het, kan jy Google en kinders kan dit ook doen. Wil jy hê dat jou kleinkind iets Google of oorvertel word deur ‘n maat of dit in ‘n boek lees, soos baie van ons, of baie sensitief ingelig word deur ‘n onderwyser? Onthou: Kennis is
  3. Begroting: Die Suid Afrikaanse regering het verlede jaar R262 miljard begroot vir onderwys en tog is daar skole waar daar nog puttoilette is. Ouers betaal by gewone model C laerskole meer as R1000.OO per kind per maand as basiese klasgelde. Dan kom die ekstras nog by. Vir ouers met 3 laerskoolkinders kan dit ten minste R6000.00 per maand kos.
  4. Voedingskemas: Daar is skole waar die kinders geen skoolgeld betaal nie, maar kom dikwels vaal van hongerte by die skool aan. Hoe kan so ‘n kind konsentreer? Wie moet help? Dankie vir persone wat bereid is om ekstra toebroodjies skool toe te stuur. Daar is organisasies wat geriewe het om potte vol kos te maak om te help. Reik uit. Haal asb. jou spog sonbrille af en KYK om jou en sien!

 

Gesondheid: Rooi peper (Cayenne pepper)            

Daar word beweer dat rooi peper geen gelyke het wanneer dit kom by voorkoming van
siektes en verbetering van bloedsirkulasie in die liggaam nie. Dit verhoog die hart funksie, sonder om die bloeddruk te beïnvloed. Daar is ook gevind dat dit cholesterol vlakke en berging van vetselle in die liggaarn verlaag. Rooi peper is die mees bekende en populêrste middel in die behandeling van arthritis wêreldwyd. Dit verlig ligte tot matige neuralgie en spierpyne. Dit is bekend as die suiwerste en beste stimulant in die kruie wêreld, en verbeter algemene gesondheid en immuniteit. Dit verhoog ook bloedsirkulasie. Rooi peper is ook ‘n populêre bestanddeel in kruiemiddels vir haarverlies. Dit is hoog in karoteen (oranje en rooi kleurstof) wat tans hoë aandag verdien vir hul kankerwerende en anti-oksidante eienskappe. Daar is bevind dat rooi peper die verbranding van vet en metabolisme in die liggaam kan verhoog. Gee verligting van pyn, wat voorkom by herpes zoster (gordelroos)  en ander vel toestande soos ekseem, ens. Dit suiwer die bloed en verlig pyn en jeuk wanneer gedrink word of uitwendig as soos ‘n room aangewend word.

 

Openbare Sake:  Waterbesoedeling.

Selfs die DA-beheerde Wes-Kaap kan nie waterbesoedeling bekamp nie, met die gevolg dat boere hande in die hare sit omdat hulle daardeur enorme verliese kan lei. Die munisipaliteite is tans besig om die rioolwerke op te gradeer maar beskuldigings word gemaak dat daar geen kundigheid en politieke wil is om die nuwe stelsel te bestuur nie.

Dit is hoofsaaklik die mens en sy lewenswyse wat vir waterbesoedeling verantwoordelik is: stowwe soos gevaarlike afvalstowwe, metale, mense- en diere-afval, verf en chemikalieë en selfs olie word deurlopend in riviere en ander waterbronne gestort.

Waterbesoedeling word gevolglik as een van die wêreld se ergste omgewingsprobleme geag – nie alleen wat riviere, damme en oseane betref nie, maar ook grondwater. Wateroordraagbare siektes weens swak watervoorsiening is veral in onontwikkelde gebiede ’n ernstige probleem. Volgens statistieke (Websters, p. 1 183) word sowat 80% van alle siektes in hierdie gebiede deur water oorgedra, met diarree die grootste oorsaak van veral kindersterftes. Malaria raak jaarliks ’n ontstellende 400 miljoen mense en veroorsaak 5 miljoen se dood.

Om waterbesoedeling te voorkom, moet die volgende gedoen word: Owerhede moet strenger optree teen waterbesoedelaars en strenger wette daarstel. Ons kan self eerder skadelike stowwe in houers gooi en in vullis sit as wat ons dit met die rioolpype afstuur. Meld fabrieke aan wat besoedel.

Die toekoms van Suid-Afrika is in ONS hande. Ons KAN ‘n verskil maak. Ons moet bloot die wateromgewing – en hoe mense daarby inpas – verstaan. Ons moet almal “Water Wys” word!  Om “Water Wys” te wees, beteken ‘n mens sal: water en alle lewe RESPEKTEER; water oordeelkundig gebruik en dit nie MORS nie; nie riviere met vloeibare en vaste afval BESOEDEL nie; vir waterdienste BETAAL; OPTREE om waterkrisisse op te los; water SPAAR en sodoende die natuurlike omgewing BEWAAR.

 

Kunste en Handvlyt: Japanese kuns en kultuur
  1. Kalligrafie is ‘n mooi skryfvorm. In sommige laerskole leer kinders hierdie vorm van skryf aan en in die hoërskool is dit een van die kuns keusevakke saam met ondere ander musiek en skilder en dit is ‘n gewilde stokperdjie onder volwassenes. Japanese glo jy moet kan mooi skryf en praat. Dis ook ‘n goeie oefening vir konsentrasie. Hulle geskrewe taal bestaan uit 3 verskillende “characters” ( nie alfabet) – kanji (oorspronklike Japanees), hiragana (gebruik om woorde te skryf ) – en katakana (alles wat nie eie aan Japan of China is nie). Dis ‘n baie moeilike taal om aan te leer. Kinders verlaat skool sonder dat hulle al die kanji karakters kan lees. Om koerant te lees, moet jy minstens 5000 kanji karakters kan lees en hulle leer maar 2700 in die skool! Een sin kan uit al drie verskillende karakters bestaan.
  2. Vir baie jare al is Japan bekend vir die uitsonderlike messe wat hulle maak. Elke mes is ‘n kunswerk. Word gebruik in die kookbedryf, maar ook vir elke dag se gebruik en dis ook ‘n versamelaarsitem.
  3. Origami is papiervoukuns wat meestal met Japanese kultuur assosieer word. Dit word in die skool geleer. Die rede is dat daar altyd papier beskikbaar is en hulle is bekend vir mooi handewerk. Baie keer skryf hulle binne die origami die gebed van die kraanvoël en gee dit vir familie.

Opvallend is die volgende: Hul klere bestaan hoofsaaklik uit rooi en wit wanneer hulle feestelik wil lyk. Swart en wit is vir begrafnisse. Mans dra net swart pakke.Hulle is besonder gasvry en vriendelik. Hul gedrag kan in een woord opgesom word: RESPEK.Hulle is baie presies – vir alles word ordelik in rye gestaan en niemand druk in of kom laat nie.Hulle deel sakke by die hekke van die stadions uit vir rommel. Treindienste is fantasties. Niemand praat op hul selfone in treine nie. Telefone moet op “silent” in treine gestel word.By die skool groet die onderwyser elke kind met die hand.Hulle is altyd paraat: Aandenkings vir die Olimpiese Spele 2020 is reeds op die rakke!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die tafelversiering was weereens uit die boonste rakke en het bygedra tot ‘n feestelike atmosfeer.

 

 

 

 

 

 

 

 

Strand Takbestuur is ‘n formidabele sanggroep. Onder begeleiding van Maretha Badenhorst met haar trekklavier  het hulle die lede vermaak met vrolike, bekende liedjies en hulle selfs geïnspireer om saam te sing!

 

 

Die Bestuur vir 2020 saam met Maretha Badenhorst: V.l.n.r. Gail Buys (Landbou en Tuinbou), Bets Basson (Leefstyl), Irene Myburgh (Tesourier / Sekretaris), Hester Jordaan (Gesondheid), Erna de Waal (Openbare Sake), Mariaan Hibbert (Kunste en Handvlyt), Maretha Badenhorst (Erelid) en Leta du Preez (Voorsitter).

 

 

Annaleze Sieberhagen, baasbakster en uithaler kok, het haar Kookkuns Trofee by hierdie geleentheid ontvang.

 

 

 

Leave a Reply