Portefeulje-reis

 

Portefeulje-reis

Posted by VLV in Maria Stofberg Tak, News 08 Aug 2014

Sirkel: Worcester

Tak: Maria Stofberg

Portefeulje: Leefstyl, Opvoeding & Kultuur, Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Susan Engelbrecht

Datum: 7 Augustus 2014

 

w1

Nellie Crafford demonstreer hoe om ‘n matjie van herwinbare materiaal te maak. Neem ‘n stuk goiingsak en ryg flentertjies afvalmateriaal met ‘n seilnaald  deur.

 

w2

Hettie Stander lees ‘n stukkie interessante geskiedenis: Die verhaal van Sarie Marais – die liedjie. Susara Margaretha Maré is op die plaas Eendraght  Suikerbosrand, distrik Heidelberg gebore. Dit is dan die Sarie Marais wat in die wyk van die Mooirivier gewoon het. Sy is later met J.P.Toerien, verslaggewer van die destydse “Di Patriot” getroud. Nie alleen is die liedjie deur die Boeremag van die Anglo-Boereoorlog gesing nie, maar ook deur die Suid-Afrikaanse soldate in die Tweede Wêreldoorlog. Die liedjie se gewildheid het so gegroei dat die Britse Royal Marines dit as ‘n regimentsmars aangeneem het. So het die liedjie ook draaie in Paraguay en Sri Lanka  gemaak.

w3

Sarie Wolmarans demonstreer die tegniek van skilder met houtskool. Sy stal ‘n paar van haar houtskoolsketse uit.

 

Nadat Mariaan Botma ons op ‘n kort reis Duitsland toe geneem het, het die dames heerlik saam gekuier.

 

Post a comment

5 × four =