Plastiek, ons vyand

 

Plastiek, ons vyand

Posted by VLV in News, Suider-Paarl Tak 19 Sep 2019

 

Sirkel:  Paarl

Tak:  Suider Paarl

VLVK  Projek:  Plastiek ons vyand

Beriggewer:  Gonny du Plessis

Datum:  18 September 2019

 

Tydens ons September vergadering het Me Hayley McLellan van die Twee Oseane Akwarium ons kom toespreek oor die gevaar wat Plastiek vir die wêreld inhou.

Sy is ’n Omgewings kampvegter vir die opruim en wegdoen van plastiek. Sy het haar praatjie toegelig met skokkende foto’s oor hoe plastiek ons aarde besoedel. En sou die besoedeling so voortduur sal daar teen 2050 nie meer visse in die see wees nie.

 

Sy raai almal aan om bedag te wees op die gebruik van plastiek. Mense moet ander planne uitdink om die gebruik van plastiek te omseil. Ons kan begin om lap of papiersakke te gebruik vir die dra van pakkies. Drink water uit glasbottels en gebruik porselein bekers in plaas van kartonne of plastiekbekers. Al begin almal al net by hulself sal dit tog ’n inpak hê op die opvoeding van die jonger geslag om plastiek as vyand te sien.

 

Vlnr. Mev Margie Rossouw en Me Hayley McLellan.

 

Leave a Reply