Plaasveiligheid

 

Plaasveiligheid

Posted by VLV in Dordrecht Tak, News 15 Feb 2015

Sirkel: Noord Oos Kaap
Tak: Dordrecht
Portefeulje: Openbare Sake
Berrigewer: Marieka Bekker
Datum: 15 Februarie 2015

 

Petrus Schoeman is ‘n bekende en knap boer in die Dordrecht distrik. Petrus het die dames ‘n baie interessante en insiggewende praatjie oor plaasveiligheid kom gee. Petrus sȇ die mense is deesdae te gemaklik en dink dat plaasaanvalle nie meer so ernstig is nie, waar dit in teendeel veel erger is as wat ons werklik besef. Petrus sȇ dat dit uiters belangrik is dat mense hulself beveilig en toerus met die nodige. Dit is veral belangrik dat mense op plase sorg dat hulle diefwering en wapens het. Hulle moet ook alarm stelsels en kameras opsit indien hulle dit kan bekostig.

 

dordreght

Laetitita Cotterrell oorhandig ‘n geskenk aan Petrus Schoeman.

 

Bure moet ook mekaar in kennis stel van vreemde persone of voertuie in die omgewing en moet weet wat op hulle plase en onder hulle werkers aangaan. Beheer is uiters belangrik. Petrus sȇ ook dat dit absoluut dwaas is om in die nag uit te storm as daar vreemde geluide buite is of jy merk onraad. Dit is beter om jou buurman te kontak en te vra om te kom kyk wat aangaan. Gewoonlik sal die kwaaddoeners weghardloop as hulle ‘n voertuig of ligte sien aankom. Petrus se dat dit beter is om saam te staan as om alleen te probeer veg. Om ‘n hond te hȇ wat kan waarsku is ook baie wys.

 

‘n Goeie wenk wat Petrus met die dames gedeel het is om byvoorbeeld ‘n sekere lig soos ‘n sitkamer lig aan te skakel, indien jy jou lewensmaat met die voertuig hoor aankom. Die persoon in die voertuig kan dan dalk ook die toeter druk om te bevestig dat dit wel hulle is. As die vooraf gereelde huis lig dan nie aangaan nie, weet die persoon in die voertuig daar is dalk moontlik moeilikheid en hy kan dalk ‘n buurman skakel om te kom help. Dis ook nou te sȇ as dit nie beurtkrag is nie. Dalk moet ons maar ons toerus met kerse of ‘n flier.

 

Baie dankie aan Petrus Schoeman wat die Dordrecht dames kom toespreek het. Dit was regtig baie interresant en die dames het baie geleer wat hulle kan toepas. Laetitia Cotterrell het aan Petrus ‘n geskenk oorhandig om dankie te sȇ.

 

Anna van Niekerk het Leandra Schoeman verwelkom as ‘n VLV lid. Baie welkom Leandra, die dames is opgewonde om jou deel van ons tak te hȇ.

 

2 (2)

Lenie Fourie oorhandig ‘n geskend aan Anna van Niekerk.

 

Anna en Herman van Niekerk het op 3 April hul 50ste huweliksherdenking gevier. Die lede het vir die Van Niekerk egpaar ‘n geskenkpak bymekaar gesit en Lenie Fourie het dit aan Anna oorhandig. Dis sowaar ‘n groot mylpaal. Baie geluk julle twee!

 

3

Lede by die teetafel wat fraai deur Laetitita Cotterrell gedek is.

 

 

 

Post a comment

4 × two =