Plaasbesoek

 

Plaasbesoek

Posted by VLV in Jamestown Tak, News 25 Feb 2015

Sirkel:  NOK

Tak:  Jamestown

Portefeulje:  Gesondheid/Landbou

Beriggewer:  Antoinette van Pletzen

Datum:  25 Februarie 2015

 

Jamestown het die jaar begin deur by Christell Venter se plaas bymekaar te kom. Nadat sy vertel het van Alzheimer-siekte, het lede ‘n “Konsentrasie-oefening” gedoen wat gewys het dat ons verstande net 50% aktief is ! Om dit te verbeter kan blokkiesraaisels of Breingim gereeld gedoen word.

 

jamestown1 (Custom)                     jamestown2 (Custom) (2)

 

Daarna het sy vertel van haar tonnel (wat tot 70° bereik), vóór en ná foto’s gewys en groente daaruit bespreek. Het jy bv. geweet dat ‘n Green Pepper ‘n mannetjie en ‘n wyfie het? Die mannetjies werk beste in geregte, terwyl die wyfies in slaaie gebruik moet word. Sommige het 3 knoppe aan die onderkant, en sommiges het 4. Dit bevat baie vitamine C en kan goed in die vrieskas bewaar word, nadat dit opgekap is. Peppadews is eers in 1993 ontdek, en is eintlik ‘n handelsnaam. Die regte naam is “Pikant Rissies”. Nadat die tonnel self besigtig (en baie geproe!) is, het die lede na die skuur beweeg om sementpotte te gaan maak.

 

jamestown3 (Custom)                        jamestown (Custom)

 

‘n Netjies-gesnyde lap word goed geweek in ‘n vloeibare sement-en-teëlsement-mengsel.  Die lap moet ‘n dikkerige, absorbeerbare lap soos ‘n ou kombers of ‘n ou handdoek wees. Die nat lap word dan oor ‘n vorm (soos ‘n blik, stoeltjie, ens.) gedrapeer om droog te word. As dit na ‘n paar dae goed droog is, kan dit soos enige sement-artikel geverf word en as houer vir ‘n potplantbak of vir ‘n vaas met rangskikking gebruik word.

 

Die baie interessante dag is afgesluit met ‘n ligte ete en die uitruil van GEEL geskenkies (want die GEELspan het die dag gereël!).

Post a comment

fourteen + 15 =