Pinkie in die lug

 

Pinkie in die lug

Posted by VLV in Acqua Tak, News 12 Nov 2017

Sirkel: Middelland

Tak; Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 11 November 2017

 

Kanker is die siekte van ons tyd. Een uit vier Suid-Afrikaners sal in hulle leeftyd deur kanker geraak word. Daar word jaarlikse meer as 100 000 Suid-Afrikaners met kanker gediagnoseer. VLV-Acqua is geen vreemdeling vir die gevreesde siekte nie. Heelparty lede het óf die siekte oorwin óf is steeds besig om die siekte te beveg.

 

KANSA se Cuppa for CANSA wat op Saterdag, 11 November, in die Veremark Sentrum, Port Elizabeth, plaasgevind het, was die ideale geleentheid om die kankerlyers en -oorwinnaars in Acqua-geledere te bederf.

 

Die grandiose Veremark was die ideale ruimte vir die 41 teetafels wat die “shabby-glam”-tema vergestalt het. Die gasvrouens het behoorlik uitgehang en daar was vreeslik baie moeite gedoen om die gaste in styl te onthaal.

 

Acqua het ‘n keurig versorgde tafel vir 30 gaste gedek. Dit is gedoen met die hulp van borge en donateure wat ‘n oop hand gehad het vir KANSA en VLV-Acqua.

 

    

    

 

Post a comment

five + 2 =