Pêrels, pêrels en nogmaals pêrels

 

Pêrels, pêrels en nogmaals pêrels

Posted by VLV in Loerie Tak 18 Sep 2014

Sirkel:  Suid-Ooskus

Tak:  Loerie

Portefeulje:  Kunste en Handvlyt

Beriggewer:  Hester Marx

Datum: 18 September 2014

 

 

Is jou naam Margaret, Marget of Greta?  Dan is jy ‘n pêrel !

 

 

Loerie

Alta Herman en Jean Steenkamp

 

 

Al is haar naam nie Margaret nie, weet Alta Herman van Jeffreysbaai alles en nog meer van pêrels.

Gewoonlik dink ons aan die oesterskulp wat, as gevolg van die irritasie deur ‘n sandkorrel of ander vreemde voorwerp, ‘n pragtige pêrel voortbring.

 

 

Loerie1

 

 

Baie belangrik is ook varswaterpêrels wat in mossels gekweek word. Daar word kepies in die mossel gesny waarin klein stukkies van ‘n ander mossel geplaas word. Dit neem twee jaar vir so ‘n pêrel om te vorm. Die moedermossel kan tot 3 keer gebruik word. Dié pêrels kan verskillende fatsoene hê soos takkies en blommetjies. Die pêrels kan ook gekleur word en half-edelstene, bv. rooskwarts, kombineer baie goed daarmee.

 

 

 

Die prys van pêrels word bepaal deur die glans (25%), dikte (25%), merke (20%), vorm (15%), kleur (10%) en passing (5%). Pêrels hou van lig, so moenie dit in die brandkluis bêre nie. Dra dit gereeld.   Onthou die klam seemsleer vir skoonvee, maar vergeet van haarsproei, handeroom en parfuum naby jou kosbare pêrels.

 

 

 

 

 

 

 

Post a comment

3 × 5 =