Parow se breiprojek

 

Parow se breiprojek

Posted by VLV in News 24 Feb 2015

Sirkel:  Tygerberg

Tak:  Parow

Portefeulje:  Leefstyl, Naaldwerk

Beriggewer:  Elaine Duvenage

Datum:  Januarie 2014 tot Februarie 2015

 

Leserskring het aan die begin van 2014 hulle “brei ‘n blokkie projek” bekend gestel.   Lede is aangemoedig  om ‘n blokkie van 20 x 20 cm te brei en in te stuur wat dan omskep sal word in komberse.

 

parow1

 

VLV-Parow tak het onmiddellik ‘n geleentheid gesien om blootstelling te kry en hulleself ‘n bietjie te bemark.  Hulle het toe aangebied om die blokke aanmekaar te werk.   Na 6 weke het die blokke begin instroom.  Die eerste fotos is geneem en in die volgende kwartaal se katalogus is van die fotos gepubliseer waar hulle besig was om van die blokke te sorteer.

 

‘n Onderhoud is gevoer deur Nina Swart met twee lede van die VLV Parow tak asook die dame van Leserskring wie die projek gelei het en ‘n insetsel is uitgesaai op TV in die Dagbreek program.

 

Blootstelling is gekry op You Tube van Leserskring en Media 24;  Facebook van Leserskring en Media 24; Die Tygerburger, 2 keer in Die Burger en ook op die webwerwe van Leserskring en Leisure Books (150,000 lede) en ook Media 24.  Op Mandeladag is ‘n volblad kleur advertensie geplaas van fotos wat geneem is in die Voorportaal van die Naspers gebou waar die dames van die VLV Parow besig was om van die komberse aanmekaar te hekel en ook terselfdertyd breiklasse gegee het vir diegene wat wou leer brei.   Van die klaargemaakte komberse is ook daar uitgestal.  ‘n Foto van die VLV-dames tesame met hulle vaandel asook die logo van die VLV was baie duidelik sigbaar.

 

parow

 

Van die klaar komberse is reeds 40 geskenk aan Thuthuzela sorgsentrum by Karl Bremer hospitaal en 30 aan die Thuthuzela sentrum te Mamelodi.  Fotos van hierdie oorhandiging was ook in die Leserskring katalogus en op hulle webwerf.  60 Komberse is reeds verpak vir die Sarah Fox Instituut vir kankerpasiënte.

 

Meer as 10,000 gebreide blokkies is tot Novembermaand ontvang en daar kom nog steeds in.  In die Aprilmaand katalogus van Leserskring gaan weer fotos gepubliseer word.  Die dames is nog steeds besig om blokke aanmekaar te werk en dit sal hulle nog baie lank besig hou.

Post a comment

12 + 5 =