Paleo-Leefstyl en Banting

 

Paleo-Leefstyl en Banting

Posted by VLV in News, Porterville Tak 03 Sep 2015

Sirkel:  Weskus

Tak:  Porterville

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer:  Louwna Hoving

Datum:  3 September 2015

 

 

 

Mnr. Gary Frasca, ‘n diabeet, van Koringberg vertel hoe die Paleo-leefstyl sy gesondheid bevoordeel het.  Hy eet daagliks spek en vier eiers vir ontbyt en glo dat kwaliteit kos en kwaliteit vette voordelig is vir die liggaam.  Hy eet net Free Range-hoenders en niks wat in ‘n kartonboks verpak is nie.  Hy volg ‘n glutenvrye- en suikerlose dieet.  Groen appels is baie gesond, maar vermy piesangs of enige kossoorte wat msg bevat.  Alkohol kan matig gebruik word in die vorm van rooiwyn en brandewyn, maar whisky moet vermy word omdat dit van koring gemaak word.

 

 

Soetigheid soos lekkers en koeke is ook baie nadelig vir kinders omdat dit hulle baie aktief maak.  Nadat hy die leefwyse begin volg het het hy sy broekgrootte van ‘n 44 na ‘n 32 verminder, sy artritis het verbeter, sy lesing vir diabetes het ook drasties gedaal en hy het baie energie.  Hy beveel aan dat jy jou leefwyse aanpas volgens die bekostigbaarheid daarvan.

 

 

Mev. Rita Venter verduidelik hoe Banting ‘n ommekeer in hul huishouding teweeggebring het.  Hulle volg ‘n hoëvetdieet en sny suiker en koolhidrate uit en eet ook geen blikkies kos nie. Botter word in plaas van margarien geëet.  Miere en vlieë hou ook nie van margarien nie!  Toetse is op rotte gedoen wat bewys het dat ‘n 50% suiker en 50% vet dieet hulle onophoudelik laat eet het sonder versadigingspunt.  Koek en aartappelskyfies veroorsaak dus ook dat die mens aanhoudend honger voel.  Eet goeie vette soos patat en avokado’s, dus geen aartappels en suiker nie.  Neem verantwoordelikheid vir jou eie leefwyse.

 

 

Monique Benn van Porterville Apteek het ‘n uitstalling van Banting-produkte gemaak en verversings bedien wat van die produkte gemaak is.

 

 

Foto 1

v.l.n.r:  Gary Frasco, Rita Venter, Joey Koen (Saamroeper Gesondheid) en Monique Benn.

 

Post a comment

one + 15 =