Ouma-wees

 

Ouma-wees

Posted by VLV in Langebaan Tak 11 Mar 2015

Sirkel: Weskus
Tak: Langebaan
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Charlotta van Eeden
Datum: 11 Maart 2015
 
Estelle du Plessis (Sirkel President) spreek die dames toe oor Ouma-wees.  Ouma-wees is ‘n fees en voorreg.  Elke kleinkind is uniek en het hul eie siening.

 
Toon respek en moenie veroordelend wees nie.  Skep ‘n rustige atmosfeer om probleme op te los.  Gryp elke geleentheid aan om by jou kleinkind/kinders te wees, te gesels en soms pakkies te stuur.  Woon indien moontlik konserte en partytjies by.  Hou hul sover moontlik weg van tegnologie deur dinge met hulle te doen soos jou belangstellinge en die buitelug.

 

 

Wat maak Ouma-wees lekker:  Wees altyd opgewonde oor jou nuwe kleinkind.  Moenie inmeng met die keuse van name nie.  Hou ‘n spogalbum, neem foto’s en skryf by elke geleentheid, ouderdom en jaar.  Praat oor jou kleinkinders.  Koop vir hulle boeke, opvoedkundige speelgoedens.

 
Ondersteun jou kinders in die opvoeding van hul kinders.  Maak jou huis kindervriendelik, maar disiplineer waar nodig.  Wees jou kleinkinders se vertroueling.  Moet hul nooit met mekaar vergelyk nie.

 
Lag saam met hulle en deel staaltjies oor wat hul ouers als gedoen het.  Fliek saam met hulle.  Plant die saadjie van geloof in hul lewe.  Leer hulle om liefdevol en verdraagsaam te wees, te deel en respek te hê vir volwassenes.

 
Leer hulle van Jesus se liefde.  Sy liefde vir kinders.  Vertel jou kleinkinders hoe lief jy vir hulle is.

 

Mag Ouma-wees lekker wees.  Saai die saadjies wat tel.

 

 

langebaan (Custom)
Estelle du Plessis (Spreker en Sirkel President) ontvang blomme van Hettie Hanekom

 

 

langebaan1 (Custom)
Pryse word oorhandig aan 3 dames wat presteer het in konferensie items:  Rouxleen Moran, Magda Smit en Hennah Greef.  By hulle is Janeen
Potgieter (Voorsitter)

Post a comment

17 − 7 =