Orania was gasvrou vir konferensie

 

Orania was gasvrou vir konferensie

Posted by VLV in News, Orania Tak 07 Mar 2014

Sirkel: Noord-Karoo

Tak: Orania

Beriggewer: Melanie Smith

Datum: 5 & 6 Maart 2014

 

Op 5 en 6 Maart vanjaar het Orania tak die voorreg gehad om Sirkel Noord-Karoo se jaarlikse konferensie aan te bied.

 

Vanaf verlede jaar is daar hard gewerk aan die voorbereiding en maak van geskenkies.  Aangesien hierdie jaar se kompetisie-artikel tema blomme is, het ons besluit om verskeie blomme uit papier te maak vir dekorgebruik. Elke ete se dekor het verskil van die vorige ete. Die tema van hierdie jaar se konferensie, ‘Verskuif jou grense’, is ook ingebring deur die gebruik van landskaarte en die name van dorpe, stede, lande en hoofstede.

Groot, kleurvolle papierblomme asook klippe met dorpe, stede en lande se name verwelkom konferensiegangers.

Vrolike ontbyttafel.

 

Heerlike eetgoed saam met tee en koffie en etes is voorgesit aan die konferensiegangers. ‘n Swierige dinee is Woensdagaand aangebied waar almal weereens heerlike geëet en gekuier het.  ‘n Kort drama, wat ook na die tema van die konferensie verwys,  is spesiaal deur Ciska de Wet geskryf. 

Stylvolle opdiening van die aandete.

Pragtige tafels tydens die aandete op Orania.  Ou langspeelplate is as plekmatjies gebruik.

Al die lede van ons tak het hard gewerk en hard gekuier en ons het tot die slotsom gekom dat die aanbied van ‘n konferensie die lede baie nader aan mekaar bring!

Post a comment

nine + eight =