Orania kry advies oor styl

 

Orania kry advies oor styl

Posted by VLV in News, Orania Tak 20 May 2011

Portefeulje: Leefstyl

 

Corné Louw van Hopetown het jare lange ondervinding met Klerekasbeplanning, grimering en haarstyl en kon waardevolle advies met die lede van Orania deel.

 

• Verwyder klere wat jy nie dra nie uit die klerekas.
• Koop op ‘n beplande manier.
• Moenie die mode slaafs navolg nie.
• Leer regte stylstrategie (goeie kombinasie van balans, kleur, styl en tekstuur).
• Ongeveer 60% van jou klere kan in die swart/wit/bruin palet val, 40% dan ander kleure. Hou die intensiteit van kleure wat jy saam dra, dieselfde. Moenie alles dieselfde kleur hou nie. Die gewilde “klein swart nommertjie” laat jou baie variasies toe.
• Herken jou persoonlike styl (sportief/netjies/dramaties) en koop daarvolgens.
• ‘n Kort persoon kan nie ewe effektief dieselfde styl as ‘n lang persoon dra nie.
• Wenke vir ‘n kort persoon: Een kleur van bo tot onder gee lengte;  moenie ‘n ander kleur in die middel (soos byvoorbeeld ‘n gordel) gebruik nie; koop die korrekte grote klere – nie te styf nie en nie te los nie.
• Belê in ‘n vollengte spieël.
• Verbloem foute, beklemtoon bates.
• Let op dat die lengte van moue en broekspype korrek is.
• Vermy gedrukte materiaal met ‘n motief wat groter as jou vuis is.
• Vlootblou en swart pas nie bymekaar nie.
• Koop ‘n baadjie, romp en broek in ‘n stel as dit beskikbaar is.
• Moenie jou hemp insteek nie.
• As jy ‘n “double breasted” baadjie koop moet jy die knope vasmaak – dit kan nie oop gedra word nie.  Anders moet jy liewers ‘n baadjie met enkelry knope koop.  ‘n Langer baadjie in swart is baie veelsydig.
• Jy moet in ‘n goeie kwaliteit eenvoudig wit hemp belê, asook in ‘n goeie kwaliteit klinknaelbroek. Moenie dupliseer nie. Koop ‘n hemp wat by vyf ander items pas.
• Klere wat in verskeie lae oormekaar gedra word is nou in die mode, maar hierdie styl sal nie elke figuur pas nie.
• Maak seker dat jy gepaste onderklere wat goed pas, dra. Dra ‘n gladde buustelyfie onder gladde materiaal soos ‘n T-hemp.

 

Corné aan die woord.

Post a comment

eleven + 20 =